Job 37
Afrikaans PWL
1Hieroor bewe die mens se binneste en word dit uit sy plek beweeg.

2Luister aandagtig na die gedruis van Sy stem en die oordeel wat uit Sy mond uitgaan.

3Onder die ganse hemel sal die mense Hom loof en Sy lig skyn op die eindes van die aarde.

4In Sy eie plek donder Hy met die stem van Sy grootheid en Hy hou nie terug as Sy stem gehoor word nie.

5God donder met Sy stem; Hy doen groot en wonderlike dinge wat ons nie kan verstaan nie,

6want Hy sê vir die sneeu: ‘Val op die aarde!’ Net so vir die ligte reën en vir die swaar reëns.

7Hy beperk die krag van elke man sodat alle mense Sy dade mag ken;

8dan gaan al die wilde diere in hulle skuilplekke en bly in hulle lêplekke.

9Vanuit die binneste kamers kom die warrelwind en koue uit die Noordewind.

10Deur die asem van God word ys gegee en Hy laat oorvloedige waters neerstort.

11Die wolke word grootliks uitgestrek, Hy versprei die wolke deur Sy lug

12en hulle draai om deur Sy raad sodat hulle sal doen wat ook al Hy hulle beveel oor die oppervlak van Sy bewoonde aarde.

13Hy laat dit reën, of dit nou is vir die prinse, of vir die land, of vir goedheid aan hulle wat daarop te vinde is.

14Luister hierna, o Iyov! Luister en oorweeg die wonderwerke van God.

15Weet u wat God met hulle beplan en wat die lig van Sy wolke laat skyn?

16Ken u die balans van die wolke, die wonderwerke van Hom wat volmaak is in kennis?

17Weet u waarom word u klere warm wanneer die aarde sy posisie verander na die nag-en-dag-ewening?

18Was u by Hom toe Hy die groot hemel uitgesprei het, het u Hom gehelp om dit vas te hou?

19Leer ons wat ons vir Hom moet sê sodat ons nie sal wegkruip weens die duisternis nie.

20Vertel vir Hom wat Hy gesê het en as ’n mens sou praat, sou hy sekerlik verteer word.

21Nou kan ’n mens nie die lig sien wat skyn in die hemel nie, maar die wind gaan verby en maak dit skoon.

22Goue ligstrale kom uit die noorde en lig skyn vanaf God.

23Wat die Almagtige betref, Hy is voortreflik in krag en in regverdige oordeel; die Prins van die regverdiges sal nie Sy mense teister nie;

24daarom sal mense Hom vrees en almal wat wys is van verstand, wil en emosie sal voor Hom bewe.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Job 36
Top of Page
Top of Page