Jeremia 3
Afrikaans PWL
1Hy sê: “As ’n man sy vrou skei en sy gaan van hom af weg en behoort aan ’n ander man en hy gaan na haar toe terug, let op, die land sal besoedel wees. Jy het egter egbreuk gepleeg met baie heersers; draai terug na My toe,” verklaar יהוה!

2“Lig jou oë op na die hoofpaaie en kyk of daar ’n plek is waar jy jouself nie onteer het nie? Langs die paaie het jy vir hulle gesit en wag soos ’n volstruis in die woestyn en jy het die land besoedel deur jou hoerery;

3daarom is die reënbuie teruggehou en daar was geen lentereëns nie. Steeds het jy ’n hoerevoorkop gehad, jy het geweier om skaam te wees.

4Het jy nie nou net na My geroep nie: ‘My Vader, U is die Vriend van my jeug!

5Sal Hy vir ewig kwaad wees, sal Hy verontwaardig bly tot die einde?’ Let op, jy het gepraat en bose dinge gedoen en jou wil gekry.”

6Toe het יהוה vir my in die dae van koning Yoshiyahu gesê: “Het jy gesien wat die ontroue Yisra’el gedoen het? Sy het opgegaan en op elke hoë heuwel en onder elke groen boom hoereer. 7Ek het gedink: ‘Nadat sy dit alles gedoen het sal sy terugdraai na My toe,’ maar sy het nie teruggedraai nie en haar boosheid is deur haar suster, Y’hudah, gesien. 8Sy het al Yisra’el se boosheid gesien en omdat Yisra’el se inwoners hoerery gepleeg het, het Ek haar weggestuur en aan haar ’n skeibrief gegee; tog het haar perverse suster, Y’hudah, nie gevrees nie, maar het gegaan en ook hoereer. 9Haar hoerery was so oordadig dat sy die land besoedel en owerspel gepleeg het met afgode van klip en hout. 10Nogtans, ten spyte van dit alles, het haar misleidende suster, Y’hudah, nie met haar hele verstand, wil en emosie na My toe terug gedraai nie, maar net met valsheid,” verklaar יהוה.

11יהוה het vir my gesê: “Ontroue Yisra’el het haarself meer regverdig as haar perverse suster, Y’hudah.

12Gaan en verkondig hierdie woorde na die noorde toe en sê: ‘Draai terug, inwoners van Yisra’el,’ verklaar יהוה; ‘Ek sal nie na jou kyk in woede nie, want Ek is goedgunstig,’ verklaar יהוה; ‘Ek sal nie vir ewig kwaad wees nie.

13Erken slegs jou onregverdigheid dat jy teen יהוה, jou God, oortree het en jou gunste versprei het na die vreemdelinge onder elke groen boom en jy nie My stem gehoorsaam het nie,’ verklaar יהוה.

14Erken en draai terug, o afvallige seuns,’ verklaar יהוה, ‘want Ek is ’n Meester vir julle en Ek sal julle vat, een uit ’n stad en twee uit ’n familie en Ek sal julle na Tziyon toe bring.

15Dan sal Ek vir julle herders gee na My eie verstand, wil en emosie, wat julle sal voed met kennis en begrip. 16Dit sal wees in daardie dae, wanneer julle vermenigvuldig en vermeerder het in die land,’ verklaar יהוה, ‘dat hulle nie meer sal sê: ‘Die ark van die verbond van יהוה’ nie. Dit sal nie in die gedagtes opkom nie, ook sal hulle dit nie onthou nie, ook nie mis nie en dit sal nie weer gemaak word nie. 17In dié tyd sal hulle Yerushalayim noem, ‘die troon van יהוה’ en al die nasies sal daar, by Yerushalayim, bymekaar gebring word, vanweë die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה en hulle sal ook nie meer agter die hardnekkigheid van hul bose verstand, wil en emosie aanloop nie. 18In daardie dae sal die huis van Y’hudah saam met die huis van Yisra’el loop en hulle sal saam vanuit die land van die noorde kom na die land wat Ek aan julle vaders as erfenis gegee het.

19Toe het Ek gedink hoe Ek jou sal vestig tussen My seuns en aan jou ’n aangename land sal gee, die mooiste erfenis van die nasies! Ek het ook gedink: ‘Jy sal My noem: My Vader en nie wegdraai daarvan om My te volg nie.’

20Beslis, soos ’n vrou ontrou weggaan van haar minnaar, so het julle ontrou met My gehandel, o huis van Yisra’el,” verklaar יהוה.

21’n Stem is gehoor op die hoofpaaie, die gehuil en gesmeek van die seuns van Yisra’el omdat hulle hul lewenswyses bederf het, יהוה, hulle God, vergeet het.

22“Draai terug, o ontroue seuns; Ek sal julle ontrouheid genees.” “Let op, ons kom na U toe, want U is יהוה, ons God.

23Waarlik, die heuwels is ’n misleiding, ’n opskudding op die berge. Waarlik, in יהוה, ons God, is die verlossing van Yisra’el,

24maar die skandelike ding het die arbeid van ons vaders verteer sedert ons jeug, hulle kleinvee en hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters. 25Laat ons lê in ons skande en laat ons vernedering ons oordek, want ons het teen יהוה,ons God, gesondig, ons en ons vaders, van ons jeug af tot vandag toe en ons het nie die stem van יהוה, ons God, gehoorsaam nie.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Jeremiah 2
Top of Page
Top of Page