Jeremia 27
Afrikaans PWL
1Aan die begin van die regering van Tzidkiyahu, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, het hierdie woord vanaf יהוה tot Yirmeyahu gekom: 2So het יהוה vir my gesê: “Maak vir jouself stroppe en jukke en sit dit op jou nek 3en stuur woord vir die koning van Edom, na die koning van Mo’av, na die koning van die seuns van `Ammon, na die koning van Tzor en na die koning van Tzidon deur middel van die gesante wat na Tzidkiyahu, koning van Y’hudah in Yerushalayim gekom het. 4Beveel hulle om na hul meesters te gaan en te sê: ‘So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el. So moet julle aan jul meesters sê: 5“Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur My groot krag en deur My uitgestrekte arm en Ek gee dit aan die een wat My tevrede stel. 6Nou het Ek al hierdie lande in die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel, My dienskneg gegee en Ek het ook die wilde diere van die veld aan hom gegee om hom te dien. 7Al die nasies sal hom, sy seun en sy kleinseun dien totdat die tyd van sy eie land kom; dan sal baie nasies en groot konings hom hulle dienskneg maak.

8Dit sal wees dat die nasie en die koninkryk wat hom, N’vukhadnetzar, koning van Bavel, nie sal dien nie en wat sy nek nie sal sit onder die juk van die koning van Bavel nie, daardie nasie sal Ek straf met die swaard en die hongersnood en die pes,’ verklaar יהוה, ‘totdat Ek hulle vernietig het deur sy hand. 9Julle egter, moenie luister na julle profete, na julle waarsêers, na julle dromers, na julle goëlaars en na julle towenaars nie. Hulle wat met julle praat en sê: “Julle sal nie die koning van Bavel dien nie,” 10want hulle profeteer ’n leuen vir julle om julle ver te verwyder uit julle land uit en Ek sal julle uitdryf en julle sal omkom, 11maar die nasie wat sy nek onder die juk van die koning van Bavel sal bring en hom dien, dié sal Ek in sy land laat bly,’ verklaar יהוה ‘en hulle sal dit bewerk en daarin bly.’”

12Ek het woorde soos hierdie met Tzidkiyahu, koning van Y’hudah gepraat en gesê: “Bring julle nekke onder die juk van die koning van Bavel, dien hom en sy volk en leef! 13Hoekom sal u sterf, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos יהוה met daardie nasie gepraat het wat nie die koning van Bavel sal dien nie? 14Moet dus nie luister na die woorde van die profete nie. Hulle wat met julle praat en sê: ‘Julle sal nie die koning van Bavel dien nie,’ want hulle profeteer vir julle ’n leuen, 15want Ek het hulle nie gestuur nie,” verklaar יהוה, “maar hulle profeteer vals in My Naam (Karakter en Outoriteit) sodat Ek julle kan uitdryf en julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.”

16Ek het met die priesters en met hierdie hele volk gepraat en gesê: “So sê יהוה: Moenie luister na die woorde van julle profete, wat vir julle profeteer en sê: ‘Let op, die voorwerpe van die huis van יהוה sal nou binnekort uit Bavel teruggebring word’ nie, want hulle profeteer ’n leuen vir julle. 17Moenie na hulle luister nie; dien die koning van Bavel en leef. Waarom moet hierdie stad ’n puinhoop word? 18As hulle egter profete is en as die woord van יהוה by hulle is, laat hulle יהוהTzva’ot nou versoek dat die voorwerpe wat in die huis van יהוה en die huis van die koning van Y’hudah en in Yerushalayim oorgebly het, nie na Bavel mag gaan nie, 19want so sê יהוה-Tzva’ot aangaande die pilare, die see, die staanders en die ander voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het, 20wat N’vukhadnetzar, die koning van Bavel, nie gevat het toe hy Y’khonyahu, die seun van Y’hoyakim, koning van Y’hudah, saam met al die edeles van Y’hudah en Yerushalayim in ballingskap weggevoer het uit Yerushalayim na Bavel toe nie. 21Ja, so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el, aangaande die voorwerpe wat in die huis van יהוה en die huis van die koning van Y’hudah en in Yerushalayim oorgebly het: 22‘Hulle sal na Bavel toe gedra word en sal daar bly tot op die dag dat Ek hulle besoek,’ verklaar יהוה, ‘dan sal Ek hulle terugbring en herstel tot hierdie plek.’”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Jeremiah 26
Top of Page
Top of Page