Jeremia 1
Afrikaans PWL
1Die woorde van Yirmeyahu, die seun van Hilkiyahu, vanuit die priesters wat in `Anatot, in die land van Binyamin was, 2tot wie die woord van יהוה gekom het in die dae van Yoshiyahu, die seun van Amon, koning van Y’hudah, in die dertiende jaar van sy regering. 3Dit het ook gekom in die dae van Y’hoyakim, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, tot aan die einde van die elfde jaar van Tzidkiyahu, die seun van Yoshiyahu, koning van Y’hudah, totdat die inwoners van Yerushalayim in gevangeskap weggevat is in die vyfde maand.

4Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

5“Voordat Ek jou in die baarmoeder gevorm het, het Ek jou geken en voordat jy gebore is, het Ek jou afgesonder; Ek het jou as ’n profeet vir die nasies aangestel.”

6Toe het ek gesê: “Helaas, יהוה-God, let op, ek weet nie hoe om te praat nie, want ek is jonk.”

7יהוה het egter vir my gesê: “Moenie sê: ‘Ek is jonk nie,’ want jy moet gaan waarheen Ek jou ook al stuur en alles wat Ek jou beveel, moet jy sê.

8Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou om jou te bevry,” verklaar יהוה.

9Toe het יהוה Sy hand uitgesteek en my mond aangeraak en יהוה het vir my gesê: “Let op, Ek het My woorde in jou mond gelê.

10Let op, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en af te breek, om te vernietig en omver te werp, om te bou en te plant.”

11Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê: “Wat sien jy, Yirmeyahu?” Ek antwoord: “Ek sien ’n amandelboom se tak.” 12Toe het יהוה vir my gesê: “Jy het goed gesien, want Ek waak oor My woord om dit uit te voer.”

13Die boodskap van יהוה het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: “Wat sien jy?” Ek antwoord: “Ek sien ’n kokende pot en sy opening is na die noorde toe.” 14Toe sê יהוה vir my: “Uit die noorde uit sal die boosheid losbreek oor al die inwoners van die land, 15want let op, Ek roep al die families van die koninkryke van die noorde,” verklaar יהוה; “en hulle sal kom en hulle sal elkeen sy troon opstel by die ingang van die poorte van Yerushalayim en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Y’hudah. 16Ek sal My oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid, waardeur hulle My verlaat het en offers aan ander gode geoffer het en die werke van hulle eie hande aanbid het. 17Nou, bind jou heupe vas, staan op en sê vir hulle alles wat Ek jou beveel. Moenie bang wees vir hulle nie, of Ek sal jou voor hulle neerwerp. 18Let nou op, Ek het jou vandag soos ’n versterkte stad, ’n yster pilaar en koper mure teen die hele land gemaak, teen die konings van Y’hudah, teen sy prinse, teen sy priesters en teen die mense van die land. 19Hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie, want Ek is by jou om jou te bevry,” verklaar יהוה.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 66
Top of Page
Top of Page