Jakobus 3
Afrikaans PWL
1Daar moenie baie leermeesters onder julle wees nie, my broers, want julle weet dat ons ’n groter beoordeling sal ontvang, 2want ons almal struikel dikwels. Elkeen wat nie struikel in wat hy sê nie; hy is ’n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam te beheer. 3Let op, ons sit stange in die perde se bekke sodat hulle ons gehoorsaam kan wees en ons draai hulle hele liggaam daarmee. 4Ook soos skepe, magtig en deur sterk winde voortgedryf, deur ’n baie klein, harde stukkie hout gestuur word net waarheen die stuurman wil; 5net so is die tong ook ’n klein ledemaatjie en het heerskappy. ’n Klein vuurtjie steek ’n groot woud aan die brand! 6Die tong is ook ’n vuur en die wêreld van boosheid soos ’n oerwoud. Die tong op sy eie onder die lede, besmet ons hele liggaam en dit steek die opeenvolgende generasies aan, wat soos wiele voortrol en brand soos vuur, 7want die natuur van alle soorte wilde diere, voëls, reptiele, sowel as seediere, word getem deur die menslike natuur, 8maar die mens is nie in staat om die tong te tem nie. Dit is onbeheerbaar boos, vol dodelike gif. 9Daarmee seën ons יהוה-die-Vader en daarmee vervloek ons mense, wat gemaak is na die beeld van God. 10Uit dieselfde mond kom seëninge en vervloeking. Dit, my broers, behoort nie so te wees nie. 11Is dit moontlik dat uit dieselfde fontein vars en bitter water uitkom? 12Of kan ’n vyeboom, my broers, olywe dra, of ’n wingerdstok, vye? Net so word bitter water nie soet gemaak nie.

13Wie is wys en intelligent onder julle? Laat hom sy goeie dade wys in ’n mooi lewenswyse, in die wysheid van nederigheid, 14maar as daar bittere jaloesie en selfsug in julle gedagtes, wil en emosies is, moenie grootpraat en lieg teen die waarheid nie. 15Hierdie wysheid kom nie van bo af nie, maar is aards, uit die denke van die self en vanaf demone, 16want waar jaloesie en selfsug is, daar is wanorde en allerhande bose dinge, 17maar die wysheid van bo is rein, vol vrede, sag, gee aandag, vol van liefde en goeie vrugte; sonder verdeeldheid of die aanneming van ’n persoon, 18maar vrugte van onpartydige opregtheid, in vrede, word gesaai deur hulle wat vrede maak.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
James 2
Top of Page
Top of Page