Jesaja 6
Afrikaans PWL
1In die jaar van koning `Uziyahu se dood het ek יהוה sien sit op ’n hoë en verhewe troon terwyl die sleep van Sy kleed die tempel vul. 2Serafs het bo Hom gestaan; elkeen met ses vlerke: met twee het hy sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee het hy gevlieg.

3Een het na ’n ander geroep en gesê: “Afgesonderd, afgesonderd, afgesonderd is יהוה-Tzva’ot. Die hele aarde is vol van Sy lof, eer en aanbidding!”

4Die fondasies van die drumpels het gebewe deur die stem van hom wat uitgeroep het terwyl die tempel vol rook geword het.

5Toe het ek gesê: “Wee my, ek is vernietig, want ek is ’n man van onrein lippe en ek woon onder ’n volk van onrein lippe, want my oë het die Koning, יהוה-Tzva’ot, gesien!”

6Toe het een van die serafs na my toe gevlieg met ’n brandende kool in sy hand, wat hy met ’n tang van die altaar afgehaal het. 7Hy het my mond aangeraak en gesê: “Let op, dit het jou lippe aangeraak en jou wetsoortreding is weggevat en jou sonde is vergewe.”

8Toe hoor ek die stem van יהוה sê: “Wie sal Ek stuur en wie sal vir Ons gaan?” Toe antwoord ek: “Hier is ek, stuur my.”

9Hy het gesê: “Gaan en sê vir hierdie volk: ‘Hou aan luister, maar begryp nie; hou aan kyk, maar verstaan nie.

10Die verstand, wil en emosie van hierdie volk het onsensitief geword, hulle ore dig en hulle oë dof sodat hulle nie met hul oë kan sien of met hulle ore kan hoor of met hul verstand, wil en emosie kan verstaan en terugdraai nie en ook word hulle nie vrygespreek nie.”

11Toe vra ek: “ יהוה hoe lank?” Hy antwoord: “Totdat die stede verwoes lê sonder inwoners, die huise sonder mense en die land heeltemal verlate is

12en יהוה die mense ver verwyder het en die verlate plekke in die land baie is.

13Tog sal daar ’n tiende deel daarin oorbly en dit sal weer onderwerp wees aan verbranding, soos ’n terpentynboom of ’n eikeboom, wat ’n stomp oorhou wanneer dit afgekap word. Die afgesonderde saad is sy oorsprong.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 5
Top of Page
Top of Page