Jesaja 58
Afrikaans PWL
1“Roep hardop, moenie terughou nie, lig jou stem op soos ’n ramshoring en verklaar aan My volk hulle oortreding van die wet en aan die huis van Ya’akov hulle sondes,

2tog soek hulle My dag vir dag en het ’n behae daarin om My paaie te ken soos ’n nasie wat onpartydige opregtheid doen en nie die instellings van sy God verlaat het nie; hulle vra van My regverdige beslissings. Hulle verheug hulleself daarin om naby God te kom.

3‘Waarom het ons gevas en U sien dit nie? Waarom het ons ons verneder en U let dit nie op nie?’ Let op, op die dag wat julle vas, doen julle net wat jul begeer en bring offers aan al julle afgode.

4Let op, julle vas vir die doel van twis en tweedrag en om te slaan met ’n bose vuis. Julle sal nie vas soos julle dit vandag doen, as julle jul stem in die hoogte wil laat hoor nie.

5Is dit ’n vas soos dié wat Ek verkies, ’n dag vir ’n mens om homself te verneder? Is dit om die kop te buig soos ’n riet en om sak en as uit te sprei as ’n bed? Noem jy dít ’n vas, ’n aanvaarbare dag vir יהוה?

6Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: om die bande van boosheid los te maak, die stroppe van die juk af te haal, die onderdruktes te laat vrygaan en elke juk stukkend te breek.

7Is dit nie om jou brood met hulle wat honger is te deel en die daklose arme in jou huis in te bring nie? Wanneer jy iemand sien wat kaal is, om hom te bedek en nie een van jou eie vlees (‘n mens soos jy) weg te wys nie?

8Dan sal jou lig uitbreek soos die sonsopkoms en jou genesing skielik uitspruit en jou onpartydige opregtheid sal voor jou uitgaan; die eer, lof en aanbidding van יהוה sal jou agterhoede wees.

9Dan sal jy roep en יהוה sal antwoord; jy sal uitroep en Hy sal sê: ‘Hier is Ek!’ As jy die juk, die vingerwys en die bose gepraat uit jou midde verwyder

10en jou brood gee vir die wat honger is en die geteisterdes se begeertes vervul; dan sal jou lig skyn in duisternis en jou donkerheid sal wees soos die middag.

11יהוה sal jou voortdurend lei en jou begeerte versadig in geskroeide plekke en krag gee aan jou gebeente en jy sal wees soos ’n natgeleide tuin en soos ’n fontein van water waarvan die water nooit ophou nie.

12Die vanuit jou sal die ou puinhope herbou; jy sal die eeue oue fondamente oprig en jy sal ‘die herbouer van gebreekte mure’, ‘hersteller van strate om in te bly,’ genoem word.

13As jy, as gevolg van die Shabbat, jou voet wegdraai daarvan om jou eie plesier op My afgesonderde dag te doen en die Shabbat ’n vreugde, die afgesonderde dag van יהוה eerbaar, noem en dit eer, deur nie jou eie dinge te doen, jou eie plesier te soek en jou eie woorde te praat nie,

14dan sal jy vreugde vind in יהוה en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou voed met die erfenis van Ya’akov, jou vader, want die mond van יהוה het gepraat.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 57
Top of Page
Top of Page