Jesaja 34
Afrikaans PWL
1Kom nader, o nasies, om te hoor en luister o volke! Laat die aarde en alles wat daarin is luister en hoor en die wêreld en alles wat daaruit voortkom,

2want die verontwaardiging van יהוה is teen al die nasies en Sy toorn teen al hulle weermagte; Hy het hulle ten volle vernietig, Hy het hulle oorgegee aan slagting.

3Hulle gesneuweldes sal uitgegooi word en hulle lyke sal stank afgee en die berge sal deurdrenk wees met hulle bloed.

4Al die leërskare van die hemel sal wegkwyn en die hemel sal opgerol word soos ’n boekrol en al sy leërskares sal ook verwelk soos ’n blaar van die wingerdstok verwelk of soos een wat van die vyeboom af afval,

5want My swaard is versadig in die hemel; let op, dit sal afkom op Edom vir oordeel en op die volk wat Ek uitgesonder het vir vernietiging.

6Die swaard van יהוה is vol bloed, dit is deurdrenk van vet, met die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme, want יהוה het ’n offer in Botzrah en ’n groot slagting in die land van Edom geoffer.

7Wilde bulle (Aurogs) sal saam met hulle val en die jong bulle saam met die sterkes; so sal hulle land deurdrenk word met bloed en hulle stof olierig word met vet,

8want יהוה het ’n dag van wraak, ’n jaar van vergelding vir die regsaak van Tziyon.

9Sy strome sal in pik verander word, sy los grond in swawelvuur en sy land sal brandende pik word.

10Dit sal nie snags of oordag uitgeblus word nie; die rook sal vir ewig opgaan. Van geslag tot geslag lê dit verlate; vir ewig en ewig sal niemand daar deurgaan nie,

11maar pelikane en uile sal dit besit en kraaie en volstruise sal daarin bly en Hy sal die maatband van die swaard daaroor uitstrek en daar sal geen vreugde wees nie.

12Sy edeles, daar sal niemand wees wat hulle as koning kan verklaar nie en al sy prinse sal niks wees nie.

13Dorings sal in sy versterkte torings opkom, brandnetels en distels in sy versterkte stede; dit sal ’n lêplek vir jakkalse, ’n blyplek vir volstruise wees.

14Die woestyn gediertes sal die wolwe ontmoet; die wolhaar bok sal ook na sy soort roep; ja, die nagmonster sal daar bly en vir haarself ’n rusplek vind.

15Die groot uil sal haar nes daar maak, eiers lê, uitbroei en onder haar skaduwee bymekaarmaak. Ja, die aasvoëls sal daar bymekaarkom, elkeen met haar maat.

16Soek in die boek van יהוה en lees: nie een van hierdie sal ontbreek nie; nie een sal sy maat soek nie, want Sy mond het beveel en Sy Gees het hulle bymekaargebring.

17Hy het vir hulle die lot gewerp en Sy hand het dit vir hulle met die maatlyn verdeel. Hulle sal dit vir ewig besit, van geslag tot geslag sal hulle daarin woon.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 33
Top of Page
Top of Page