Jesaja 2
Afrikaans PWL
1Die boodskap wat Yesha’yahu, die seun van Amotz, gesien het met betrekking tot Y’hudah en Yerushalayim.

2Dit sal gebeur dat in die laaste dae die berg van die huis van יהוה vasgestel sal word as die hoof van die berge en opgelig sal word bo die heuwels en al die nasies sal daarheen stroom.

3Baie volke sal kom en sê: “Kom, laat ons opgaan na die berg van יהוה, na die huis van die God van Ya’akov sodat Hy ons kan leer aangaande Sy paaie en dat ons in Sy paaie kan loop,” want die wet sal uitgaan vanuit Tziyon en die woord van יהוה vanuit Yerushalayim.

4Hy sal oordeel tussen die nasies en besluite gee oor baie volke en hulle sal hul swaarde tot ploegskare smee en hul spiese tot snoeimesse. Nasie sal nie meer die swaard oplig teen nasie nie en hulle sal nooit weer oorlog leer maak nie.

5Kom, huis van Ya’akov en laat ons loop in die Lig van יהוה,

6want U het U volk verwerp, die huis van Ya’akov omdat hulle, soos die F’lishtyne, vol invloede van die ooste is, waarsêers is en ooreenkomste met die seuns van vreemdes maak.

7Hulle land is vol gemaak met silwer en goud en daar is geen einde aan hulle skatte nie; hulle land is ook vol perde gemaak en daar is geen einde aan hulle strydwaens nie.

8Hulle land is ook vol afgode gemaak; hulle buig neer voor die werk van hul hande, dit wat hulle vingers gemaak het.

9Die gewone mens is nederig gemaak en die belangrike man verneder; vergewe hulle daarom nie.

10Gaan in die rots in en kruip weg in die grond vir die verskrikking van יהוה en vir die grootheid van Sy majesteit.

11Die trotse kyk van die mens sal verneder word en die hoogheid van die mens nederig gemaak word en יהוה alleen sal in dié dag verhoog word,

12want יהוה-Tzva’ot sal ’n dag van rekenskap hê vir elkeen wat trots en hoogmoedig is sodat hy verneder kan word; teen elkeen wat verhewe is

13en teen al die hoë en verhewe seders van die L’vanon en oor al die eikebome van Bashan;

14teen al die hoë berge en teen al die verhewe heuwels;

15teen elke hoë toring, teen elke versterkte muur;

16teen al die skepe van Tarshish en teen al die mooi handewerk.

17Die trots van die mens sal nederig gemaak word en die hoogmoed van die mens afgebring word en יהוה alleen sal in dié dag opgelig word,

18maar die afgode sal geheel en al verdwyn.

19Die mens sal in grotte van die rotse en in gate van die grond ingaan voor die verskrikking van יהוה en die grootheid van Sy majesteit, wanneer Hy opstaan om die aarde te laat bewe.

20In dié dag sal die mens sy afgode van silwer en sy afgode van goud, wat hulle vir hulself gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise,

21om in te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse voor die verskrikking van יהוה en die grootheid van Sy majesteit, wanneer Hy opstaan om die aarde te laat bewe.

22Hou op om die mens te ag, wie se asem in sy neus is (om haastig te wees), want van watter waarde is hy?

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 1
Top of Page
Top of Page