Jesaja 15
Afrikaans PWL
1Die profetiese visioen aangaande Mo’av: “Sekerlik is `Ar-Mo’av in ’n nag vernietig en verwoes! Sekerlik is Kir-Mo’av in ’n nag vernietig en verwoes!

2Hulle het opgegaan na die tempel en na Dibon, na die hoë plekke om te huil; Mo’av huil oor N’vo en Meidva; almal se koppe is kaal, elke baard is afgesny.

3Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine, almal huil, deurdrenk in trane.

4Heshbon en El’aleh skree ook uit, hulle stem word gehoor al die pad tot by Yagatz; daarom skree die gewapende manne van Mo’av hardop; sy lewe sidder binne hom.

5My verstand, wil en emosie skree uit oor Mo’av; sy vlugtelinge is sover as tot by Tzo’ar en Eglat-Sh’lishiyah, want hulle gaan die hoogte van Lugit uit met gehuil; op die pad na Horonayim skree hulle sekerlik ’n kreet van benoudheid uit oor die verwoesting,

6want die waters van Nimrim is verlate, die gras is verseker verlep, die grasspruitjies het doodgegaan, daar is geen groenigheid nie.

7Hulle dra daarom die oorvloed wat hulle bymekaargemaak en gestoor het oor die Wilgerspruit,

8want die uitroep van benoudheid het in die grondgebied van Mo’av rondgegaan, sy gehuil so ver as tot by Eglayim en sy huilery selfs tot by Be’er-Elim,

9want die waters van Dimon is vol bloed; Ek sal sekerlik meer oor Dimon bring, ’n leeu oor die vlugtelinge van Mo’av en oor die van die land wat oorgebly het.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Isaiah 14
Top of Page
Top of Page