Hebreërs 4
Afrikaans PWL
1Laat ons daarom vrees dat, terwyl die belofte nog bestaan om in Sy rus in te gaan, een van julle te kort sal skiet om in te gaan, 2want aan ons is die goeie boodskap ook verkondig presies net soos aan hulle, maar die boodskap het die hoorders nie gebaat nie omdat dit by die hoorders nie gekombineer is met vertroue nie,

3maar ons wat vertrou, gaan die rus in, net soos Hy gesê het: “Ek het ’n eed geneem in My woede, hulle sal nie in My rus ingaan nie;” want let op, die werke van God was reeds vanaf die begin van die wêreld af,”

4volgens wat Hy van die Shabbat gesê het: “God het op die sewende dag van al Sy werke gerus” 5en weer hier sê Hy: “Hulle sal in My rus nie ingaan nie.” 6Daar is dus ’n geleentheid dat elke persoon kan ingaan en dié aan wie die goeie boodskap vroeër verkondig is, het nie ingegaan nie omdat hulle nie vertrou het nie.

7Hy het weer ’n ander dag bepaal, na ’n lang tyd, net soos wat van bo af geskryf is, soos Dawid gesê het: “Vandag as julle na Sy stem luister en hoor, verhard nie julle verstand, wil en emosie nie,”

8want as Y’hoshua, die seun van Nun, aan hulle rus gegee het, sou Hy nie agterna van ’n ander dag gepraat het nie. 9So bly dit dus, vir die mense van God, om die Shabbat te hou, 10want wie ook al in Sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke net soos God van Syne. 11Laat ons daarom moeite doen om in te gaan in dié rus sodat ons nie dalk val soos die wat nie oortuig is nie,

12want die boodskap van God leef en is in alles genoeg en skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur tot by die skeiding van lewe, gees, gewrigte en van murg en beoordeel die motiewe en gewete van die verstand, wil en emosie. 13Niks wat geskep is, is onsigbaar in Sy Teenwoordigheid nie, maar alles is kaal en ontbloot in die oë van Hom aan Wie ons verantwoording doen,

14want daar is daarom vir ons ’n Groot nie-Levitiese Hoofpriester wat opgegaan het na die hemel: Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van God; laat ons vashou aan Sy belydenis, 15want ons het nie ’n hoofpriester, wat nie in staat is om te vereenselwig met ons swakhede nie, maar Een wat in alle opsigte getoets is net soos ons, maar sonder dat Hy sonde het. 16Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van Sy onverdiende guns gaan sodat ons liefdevolle omgee kan ontvang en ons sal onverdiende guns vind om ons te help in ’n tyd van lyding.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Hebrews 3
Top of Page
Top of Page