Hebreërs 2
Afrikaans PWL
1As gevolg hiervan is ons dit verskuldig om meer aandag te gee aan wat ons gehoor het sodat ons nie val nie, 2want as ’n boodskap, wat deur engele gebring is, vasgestaan het en elkeen wat dit gehoor en oortree het die regverdige beloning ontvang het, 3hoe sal ons ontsnap, as ons die dinge ignoreer wat ons lewe is; die dinge wat eers deur ons Meester verkondig is en toe deur hulle vanuit ons geledere, wat Hom gehoor het, aan ons bevestig is, 4terwyl God vir hulle getuig deur tekens, deur wonders, deur verskillende wonderwerke en gawes van die Gees van Afsondering, wat gegee is volgens Sy wil,

5want Hy het nie die komende wêreld, waarvan ons praat, gehoorsaam gemaak aan die engele nie,

6maar soos die Skrifte getuig en sê: “Wat is die mens dat U hom onthou, of ’n mensekind dat U vir hom sorg?

7U het hom ’n klein bietjie minder as die engele gemaak; met lof, eer en waarde het U hom gekroon en hom outoriteit gegee oor die werke van U hande.

8U het alles in gehoorsaamheid onder sy voete gesit,” want in dit: “alles in gehoorsaamheid onder sy voete gesit,” het Hy niks uitgesonder wat nie aan hom gehoorsaam gemaak is nie, maar nou sien ons nog nie dat alles aan hom gehoorsaam is nie,

9maar ons sien Hom, Yeshua, wat vir die lyding van Sy dood, ’n bietjie laer as die engele was. Lof, eer en waarde word op Sy hoof geplaas, want deur die onverdiende guns van God het Hy in die plek van elkeen die dood gesmaak,

10want dit was vir Hom, ter wille van Wie alle dinge en deur Wie alle dinge is, gepas om baie seuns in die lof en eer te bring sodat die Prins van hulle lewe, deur lyding, Homself volmaak sou maak, 11want Hy wat afsonder, sowel as hulle wat afgesonder word, is almal vanuit Een, wat die rede is hoekom Hy Hom nie skaam om hulle Sy broers te noem nie,

12wanneer Hy sê: “Ek sal U Karakter en Outoriteit aan My broers verkondig en in die gemeente sal Ek U lof besing.”

13Weer: “Ek sal op Hom vertrou.” Weer: “Let op, Ek en die kinders wat God vir My gegee het.”

14Aangesien die kinders daarom deelgenote is aan vlees en bloed, het Hy aan dieselfde ’n deelgenoot geword sodat Hy deur die dood, die een tot niet kon maak wat outoriteit oor die dood gehad het, wat die teëstander is 15en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood in slawerny gelewe het, 16want dood het nie outoriteit oor engele ontvang nie, maar oor die saad van Avraham het dit outorteit ontvang. 17As gevolg hiervan was dit reg dat Hy in alles aan Sy broers gelyk moes word sodat Hy aktief kan omgee en ’n Hoofpriester wees, vertrouenswaardig aan die dinge van God, om toedekking te maak vir die sondes van mense, 18want hierin, dat Hy self gely het en versoek is, kan Hy dié help wat versoek word.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Hebrews 1
Top of Page
Top of Page