Genesis 12
Afrikaans PWL
1יהוה het vir Avram gesê: “Jy, gaan jy uit jou land, uit jou familie en uit jou vader se huis uit, na ’n land wat Ek jou sal wys

2en Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou karakter en outoriteit (naam) groot maak en jy sal ’n seën wees

3en Ek sal diegene seën wat jou seën en hom vervloek wat jou vervloek en in jou sal al die families van die aarde geseën word.”

4Avram het weggetrek soos יהוה vir hom gesê het en Lot het saam met hom getrek. Avram was vyf en sewentig jaar oud toe hy uit Haran vertrek het. 5Avram het Sarai, sy vrou en Lot, sy broerskind, gevat en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak het en die mense wat hulle in Haran bygekry het en hulle het uitgetrek om na die land Kena’an te gaan en in die land Kena’an aangekom. 6Avram het deur die land getrek na die plek Sh’khem, tot by die Eikeboom van Moreh. Die Kena’aniete was toe in die land. 7יהוה het aan Avram verskyn en gesê: “Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee.” Toe bou hy daar ’n altaar vir יהוה wat aan hom verskyn het. 8Daarvandaan het hy vertrek na die berge oos van Beit-El en sy tent tussen Beit-El aan die see se kant en `Ai aan die oostekant opgeslaan en daar vir יהוה ’n altaar gebou en die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep. 9Avram het al verder na die Suidland (Negev) getrek.

10Daar was hongersnood in die land sodat Avram na Mitzrayim afgetrek het om daar te bly, want die hongersnood was swaar in die land. 11Dit het gebeur dat toe hy op die punt staan om Mitzrayim binne te gaan, hy vir sy vrou Sarai gesê het: “Let op, ek weet dat jy ’n vrou is wat mooi is om na te kyk 12en dit sal gebeur dat as die Mitzrayiete jou sien, hulle sal sê: ‘Dit is sy vrou’ en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe. 13Sê asseblief jy is my suster sodat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek as gevolg van jou in die lewe kan bly.” 14Dit het so gebeur dat toe Avram in Mitzrayim kom, die Mitzrayiete gesien het dat sy vrou baie mooi was. 15Die heersers van Farao het haar ook gesien en haar by Farao aangeprys en die vrou is in Farao se paleis ingevat. 16Hy het Avram goed behandel om haar ontwil sodat hy kleinvee, beeste, esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele gekry het.

17יהוה het Farao en sy huis egter met groot plae getref as gevolg van Sarai, die vrou van Avram. 18Daarop laat Farao Avram roep en sê: “Wat is dit wat jy aan my gedoen het? Waarom het jy my nie gesê dat sy jou vrou is nie? 19Waarom het jy gesê: ‘Sy is my suster’ sodat ek haar vir my as vrou kon gevat het? Daarom dan, hier is jou vrou, vat haar en gaan weg.” 20Farao het sy manne bevel gegee aangaande hom en hulle het hom weggestuur saam met sy vrou en al sy besittings.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Genesis 11
Top of Page
Top of Page