Afrikaans PWL 1B’tzal’el het die ark van akasiahout gemaak; sy lengte was twee en ’n half el en sy breedte een en ’n half el en sy hoogte een en ’n half el.
2Hy het dit van binne en van buite oorgetrek met suiwer goud en hy het rondom ’n goue rand gemaak.
3Hy het vier goue ringe daarvoor gegiet, aan sy vier voete, twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant.
4Hy het pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek
5en hy het die pale in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark mee te dra.
6Hy het ook ’n Toedekking van suiwer goud gemaak. Sy lengte was twee en ’n half el en sy breedte een en ’n half el.
7Hy het ook twee gérubs van goud gemaak. Van slaanwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die Toedekking.
8Een gerub aan die een ent en een gerub aan die ander ent. Hy het die gérubs aan die twee ente, saam met die Toedekking, uit een stuk gemaak.
9Die gérubs het hulle vlerke boontoe uitgesprei gehou en die Toedekking met hulle vlerke toegemaak. Hulle gesigte was na mekaar toe en het na die Toedekking gekyk. 10Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Sy lengte was twee el en sy breedte ’n el en sy hoogte een en ’n half el. 11Hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ’n goue rand rondom gemaak. 12Hy het ook daarvoor ’n rand van ’n handbreedte rondom gemaak en hy het ’n goue krans vir die lys rondom gemaak. 13Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote. 14Die ringe was naby die lys, as plekke vir die pale, om die tafel te dra. 15Hy het ook die pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel mee te dra. 16Hy het die bybehore, wat op die tafel moet wees, van suiwer goud gemaak: sy skottels, sy rookpanne, sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word. 17Hy het ook die lampstaander van suiwer goud gemaak. Van slaanwerk het hy die lampstaander uit een stuk gemaak; sy voetstuk, sy stam, sy kelkies, sy knoppe en sy blomme. 18Ses arms het uit die sykante uitgegaan: drie arms van die lampstaander uit die een kant en drie arms van die lampstaander uit die ander kant. 19Daar was drie houers, gevorm soos amandelbloeisels, ’n knop en ’n blom aan die een arm en drie houers, gevorm soos amandelbloeisels, ’n knop en ’n blom aan die ander arm; dieselfde aan die ses arms wat uit die lampstaander uitgaan. 20Aan die lampstaander self was vier houers, gevorm soos amandelbloeisels, met knoppe en blomme: 21daar was ’n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan en ’n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan; vir die ses arms wat daaruit uitgaan. 22Hulle knoppe en hulle arms was, alles saam, uit een stuk; een stuk slaanwerk van suiwer goud. 23Hy het sewe lampe, die snuiters en die bakkies daarvoor van suiwer goud gemaak. 24Hy het dit, met al sy gereedskap, van ’n talent suiwer goud gemaak. 25Hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; sy lengte was ’n el en sy breedte ’n el; vierkantig. Sy hoogte was twee el. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk. 26Hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die bokant, die sykante en die horings. Hy het ook ’n goue rand daarvoor rondom gemaak. 27Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die rand, by sy twee hoeke, aan weerskante, as plekke vir pale om dit daarmee te dra. 28Hy het die pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek. 29Hy het ook die afgesonderde salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos die produk van ’n speserymenger. Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |