Eksodus 31
Afrikaans PWL
1יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 2“Kyk, Ek het B’tzal’el, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Y’hudah, by sy naam geroep 3en Ek het hom vervul met die Gees van God, in wysheid, begrip, kennis en bekwaamheid vir allerhande werk: 4om ontwerpe uit te dink, te werk in goud, silwer en koper 5en met snywerk in stene wat afgerond moet word, met houtsneewerk en om allerhande werk te kan doen. 6Let op, Ek het self vir Oholi’av saam met hom aangestel, die seun van Agisamakh, van die stam van Dan. Ek het ook wysheid in die hart van elkeen wat vaardig is, gegee sodat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak: 7die Tent van Ontmoeting, die ark van die Getuienis, die Toedekking wat daarop moet wees, al die bybehore by die tent, 8die tafel met sy bybehore, die suiwer goud lampstaander met al sy bybehore en die reukaltaar; 9ook die brandofferaltaar met al sy bybehore, die kom met sy voetstuk, 10die kunstige klere, die afgesonderde klere van Aharon, die priester en die klere van sy seuns, om te dien as priesters; 11ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die Afgesonderde plek; net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.”

12יהוה het met Moshe gepraat en gesê: 13“Jy egter, moet met die kinders van Yisra’el praat en sê: ‘Julle moet sekerlik My Shabbatte hou, want dit is ’n teken tussen My en julle regdeur julle geslagte sodat julle kan weet dat Ek יהוה is wat julle afsonder. 14Onderhou daarom die Shabbat, want dit is vir julle afgesonder. Hy wat dit verbreek, moet die dood sterf, want wie ook al daarop werk doen, dié persoon moet afgesny word vanuit sy volksgenote. 15Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is daar ’n Shabbat van volkome rus, afgesonder tot יהוה. Wie ook al enige werk doen op die Shabbatdag, moet die dood sterf; 16daarom moet die seuns van Yisra’el die Shabbat onderhou deur die Shabbat te vier in hulle geslagte as ’n ewige verbond. 17Dit is ’n ewige teken tussen My en die seuns van Yisra’el, want in ses dae het יהוה die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en is verfris.’”

18Toe Hy klaar met hom gepraat het op die berg Sinai, het Hy vir Moshe die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, geskrywe met die vinger van God.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Exodus 30
Top of Page
Top of Page