Eksodus 24
Afrikaans PWL
1Hy het vir Moshe gesê: “Kom op na יהוה toe, jy, Aharon, Nadav, Avihu en sewentig van die oudstes van Yisra’el en lê met julle gesigte op die grond op ’n afstand. 2Moshe alleen moet naderkom na יהוה toe, maar hulle moenie naderkom nie en die volk mag nie saam met hom opkom nie.”

3Moshe het gekom en aan die volk al die woorde van יהוה en al die uitsprake meegedeel en die hele volk het met een stem geantwoord en gesê: “Al die woorde wat יהוה gesê het, sal ons doen.” 4Moshe het al die woorde van יהוה opgeskryf en die oggend vroeg opgestaan en by die voet van die berg ’n altaar en twaalf pilare, volgens die twaalf stamme van Yisra’el, gebou. 5Hy het jongmanne van die seuns van Yisra’el gestuur wat brandoffers geoffer het en bulle as vredesoffers vir יהוה geslag het. 6Moshe het die helfte van die bloed gevat en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed op die altaar gesprinkel. 7Hy het die Boek van die Verbond gevat en dit voor die ore van die volk gelees en hulle het gesê: “Alles wat יהוה gesê het, sal ons doen en ons sal gehoorsaam wees.” 8Moshe vat die bloed en sprinkel dit op die volk en sê: “Hierdie is die bloed van die verbond wat יהוה met julle gesluit het volgens al hierdie woorde.”

9Moshe het opgegaan saam met Aharon, Nadav, Avihu en sewentig van die oudstes van Yisra’el 10en hulle het die God van Yisra’el gesien en onder Sy voete was dit net soos ’n vloerwerk van stene van saffier en so helder soos die hemele self. 11Hy het nie Sy hand teen die leiers van die seuns van Yisra’el uitgesteek nie en hulle het God gesien en het geëet en gedrink.

12יהוה sê vir Moshe: “Kom die berg op na My toe en bly daar en Ek sal vir jou die kliptafels met die wet gee en die opdragte wat Ek geskryf het om hulle te leer.” 13Moshe het saam met Y’hoshua, sy dienskneg, opgestaan en Moshe het op die berg van God opgegaan 14en aan die oudstes gesê: “Wag hier vir ons tot ons na julle toe terugkom. Let op, Aharon en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle toe gaan. 15Moshe het op die berg opgegaan en ’n wolk het die berg toegedek. 16Die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het op die berg Sinai gebly en die wolk het dit ses dae lank toegedek en op die sewende dag het Hy na Moshe geroep uit die wolk. 17Die verskyning van יהוה se Gemanifesteerde Teenwoordigheid was in die oë van die seuns van Yisra’el soos ’n verterende vuur op die top van die berg. 18Moshe het binne-in die wolk ingegaan soos hy op die berg opgaan en Moshe was veertig dae en veertig nagte op die berg.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Exodus 23
Top of Page
Top of Page