Deuteronomium 33
Afrikaans PWL
1Hierdie is die seën waarmee Moshe, die man van God, die seuns van Yisra’el geseën het voor sy dood.

2Hy het gesê: “יהוה het vanaf Sinai gekom en geskyn oor ons vanaf Se’ir; Hy het opgestaan vanaf die berg Pa’ran en gekom met tien duisende afgesonderdes aan Sy regterhand.

3Inderdaad, Hy het in hulle behoeftes voorsien en hulle geliefd gemaak onder die nasies. Hy het al Sy afgesonderdes geseën en hulle het naby, in U voetspore, gevolg; elkeen het U boodskappe ontvang.

4Moshe het aan ons die wet oorgedra, ’n besitting vir die vergadering van Ya’akov.

5Hy is koning in Yeshurun, toe die hoofde van die volk bymekaargekom het, die stamme van Yisra’el saam.

6Mag Re’uven leef en nie sterf nie en sy manne ook nie min wees nie.”

7Hierdie is die seën vir Y’hudah: “Hoor, O יהוה, die stem van Y’hudah en bring hom naby sy mense; met sy hande het hy vir hulle baklei en mag U vir hom ’n Hulp wees teen sy teëstanders.”

8Van Levi het hy gesê: “Laat U afsondering en U lig behoort aan die regverdige een, wat U bewys het deur toetsinge en wat U getoets het by die waters van M’rivah;

9wat van sy vader en sy moeder gesê het: ‘Ek het hulle nie in ag geneem nie’ en sy broers nie erken het en sy seuns nie geag het nie, want hulle het U woord bewaar en U verbond gehou.

10Hulle sal U reëls vir Ya’akov leer en U wet vir Yisra’el. Hulle sal reukwerk voor U plaas as U kwaad is en heel brandoffers op U altaar.

11O, יהוה, seën sy wese en aanvaar die werk van sy hande; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en die wat hom haat sodat hulle nie weer kan opstaan nie.”

12Van Binyamin het hy gesê: “Mag die een waarvoor יהוה lief is, veilig by Hom loop, wat die hele dag ’n skild om hom sit en woon tussen Sy skouers.”

13Van Yosef het hy gesê: “Laat sy land geseënd wees deur יהוה met die keur van die hemel, met die dou en vanuit die diep wat onder lê,

14met die keur wat deur die son voortgebring word, met die keur lewering van die maande,

15met die beste dinge van die antieke berge, met die keur van die ewige heuwels,

16met die beste dinge van die aarde en sy volheid en die guns van Hom wat in die bos gebly het. Laat dit kom op die kop van Yosef en op die kroon van die een wat uitgestaan het onder sy broers.

17Soos die eersgeborene van sy stier is majesteit syne en sy horings is die horings van die wilde bul (Aurogs); daarmee sal hy die volke stoot, almal gelyk, na die eindes van die aarde. Hulle is die tien duisende van Efrayim en dit is die duisende van M’nasheh!”

18Van Z’vulun het hy gesê: “Verheug jou, Z’vulun, as jy uitgaan en Yissakhar, in jou tente.

19Hulle sal volke na die berg roep; daar sal hulle offers van onpartydige opregtheid offer, want hulle sal die oorvloed van die see optrek en die weggesteekte skatte van die sand.”

20Van Gad het hy gesê: “Geseënd is Hy wat Gad groter maak; hy gaan lê soos ’n leeu en verskeur die arm en die kroon van die kop.

21Toe het hy die eerste deel vir homself voorsien, want daar was die heerser se deel gereserveer en hy het gekom met die leiers van die volk, hy het die regverdige oordeel van יהוה uitgevoer en Sy oordele met Yisra’el.”

22Van Dan het hy gesê: “Dan is ’n leeuwelpie wat uitspring uit Bashan.”

23Van Naftali het hy gesê: “O Naftali, versadig met guns en vol van die seën van יהוה, neem besit van die see en die suide!”

24Van Asher het hy gesê: “Asher is meer geseënd as seuns; laat hy die gunsteling van sy broers wees en mag hy sy voet in olie insteek.

25Jou skoene sal yster en koper wees en volgens jou dae, so sal jou kragte wees.

26Daar is niemand soos die God van Yeshurun, wat die hemele ry tot jou hulp en deur die lug in Sy majesteit, nie.

27In die hemel van hemele is die blyplek van God van ewigheid af en benede skep Hy die mens. Hy sal die vyand voor jou uit vernietig, want Hy het gesê: ‘Vernietig!’

28Yisra’el sal alleen in veiligheid loop, die fontein van Ya’akov in afsondering, in ’n land van graan, wyn en olie; Sy hemele laat ook dou afdrup.

29Geseënd is jy, O Yisra’el! Wie is soos jy? ’n Volk wie se redding deur יהוה volgehou word. God is jou hulp en jou trots is nie in die swaard nie. Jou vyande sal valslik teenoor jou optree, maar jy sal op hulle nekke trap.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Deuteronomy 32
Top of Page
Top of Page