Amos 9
Afrikaans PWL
1Ek het יהוה langs die altaar sien staan en Hy het gesê: “Slaan die pilaarkoppe sodat die drumpels skud en breek hulle op die koppe van almal! Dan sal Ek die wat van hulle oorbly met die swaard neerslaan: daar sal geen voortvlugtige uit hulle wees wat ontvlug of ’n vlugteling wat ontsnap nie.

2Al grawe hulle in Sh’ol in, My hand sal hulle daaruit haal en al gaan hulle op na die hemel, Ek sal hulle van daar af afbring.

3Al kruip hulle weg op die top van Karmel, Ek sal hulle daar opspoor en van daar af wegvat en al verberg hulle hul voor My oë op die bodem van die see, Ek sal die slang van daar af beveel en dit sal hulle byt.

4Al gaan hulle as gevangenes voor hulle vyande uit, Ek sal van daar af die swaard beveel om hulle dood te maak en Ek sal My oog teen hulle rig ten kwade en nie ten goede nie.”

5יהוה, God van die leërmagte, die Een wat die aarde aanraak en dit skud en almal wat daarop woon treur en dit rys op soos ’n vloed dit opsweep en sak weg soos die Nyl van Mitzrayim.

6Die Een wat sy solders in die hemele bou en Sy koepel oor die aarde vestig; Hy wat die waters van die see roep en dit uitgiet op die oppervlak van die aarde, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit)!

7“Is julle nie vir My soos die seuns van Kush nie, o seuns van Yisra’el?” verklaar יהוה. “Het Ek Yisra’el nie gebring uit die land van Mitzrayim en die F’lishtyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?

8Let op, die oë van יהוה-God is op die sondige koninkryk en Ek sal dit van die oppervlak van die aarde af vernietig; nogtans sal Ek nie die huis van Ya’akov volkome vernietig nie,” verklaar יהוה,

9“want let op, Ek beveel en Ek sal die huis van Yisra’el onder al die nasies skud soos in ’n sif geskud word, maar daar sal nie ’n korrel op die grond val nie.

10Al die sondaars van My volk sal deur die swaard sterf; die wat sê: ‘Die katastrofe sal ons nie inhaal of konfronteer nie.

11In daardie dag sal Ek die vervalle hut van Dawid oplig en sy krake toebou; Ek sal ook sy puinhope oplig en dit herbou soos in die ou tyd

12dat hulle dit wat van Edom oorgebly het en al die nasies wat volgens My Naam (Karakter en Outoriteit) geroep is, kan besit” verklaar יהוה, wat dit doen.

13“Let op, die dae kom,” verklaar יהוה, “wanneer die ploeër die maaier sal inhaal en die druiwetrapper die een wat die saad saai; wanneer die berge van nuwe wyn sal drup en al die heuwels hulle verbly.

14Ek sal ook My volk Yisra’el uit gevangeskap herstel en hulle sal die verwoeste stede herbou en daarin bly; hulle sal ook wingerde plant en die wyn daarvan drink en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet.

15Ek sal hulle ook plant op hul land en hulle sal nie weer ontwortel word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie,” sê יהוה, jou God.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Amos 8
Top of Page
Top of Page