Afrikaans PWL 1Dit was toe Shim’on Kefa en Yoganan saam opgegaan het na die tempel, op die uur van die middaggebed, rondom drie-uur,
2dat hulle ’n sekere man aangedra het, let op, wat van sy moeder se baarmoeder af kreupel was en wat gereeld neergesit is langs die tempelpoort, wat die Mooipoort genoem word, om ’n daad van omgee te vra van dié wat in die tempel ingaan.
3Toe hy sien dat Shim’on en Yoganan op die punt was om die tempel in te gaan, het hy vir ’n daad van omgee gebedel
4en Shim’on en Yoganan het hom stip aangekyk vir hom gesê: “Kyk na ons.”
5Hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou kry.
6Shim’on sê vir hom: “Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou: in die Outoriteit en Karakter van Yeshua, Die Gesalfde Een, van Natzeret, staan op en loop!”
7Hy het sy regterhand gevat en hom opgetrek en onmiddellik is sy bene en voete genees.
8Hy het opgespring, gestaan, rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy rondloop, spring en God prys.
9Al die mense het gesien hoe hy rondloop en God prys
10en hulle het hom herken, dat hy die bedelaar was wat elke dag by die Mooipoort van die tempel gesit het om omgeedade te vra. Hulle was vol verwondering en verwarring oor die ding wat gebeur het. 11Terwyl hy aan Kefa en Yoganan vasgehou het, het al die mense uitermate verbaas na hulle toe gehardloop in die pilaargang, wat Shlomo s’n genoem word. 12Toe Kefa dit sien, antwoord hy hulle en sê: “Seuns van Yisra’el, waarom is julle hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons aan asof ons deur ons eie vermoë of outoriteit gemaak het dat hy loop? 13Die God van Avraham, Yitz’gak en Ya’akov, die God van ons vaders, het Sy Seun Yeshua eer, lof en grootheid gegee, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatos verwerp het, toe hý reg geoordeel het om Hom los te laat, 14maar julle het die Afgesonderde en Onskuldige Een verwerp en gevra dat ’n moordenaar aan julle gegee sou word 15en Hom, die Heerser van lewe, het julle doodgemaak, Wie God uit die dood uit laat opstaan het, waarvan ons almal Sy getuies is. 16Deur vertroue in Sy Outoriteit en Karakter is hierdie man, wat julle sien en ken, herstel en genees en vertroue in Hom het hom hierdie gesondheid gegee voor julle almal. 17Nou, broers, ek weet dat julle dit in misleiding gedoen het, net soos julle leiers 18en God het op dié manier vervul wat Hy vooraf aangekondig het deur die mond van al Sy profete, dat Sy Gesalfde Een sou ly. 19Erken julle skuld, lê dit af en draai om, terug na God toe sodat julle sondes uitgevee mag word, tye van rus vanaf die Teenwoordigheid van יהוה vir julle mag kom 20en Hy die Een sal stuur wat vooraf vir julle voorberei is: Yeshua, Die Gesalfde Een. 21Die hemel moet Hom ontvang tot op die tyd van die einde van alle dinge, waarvan God van ouds af gepraat het deur die mond van al Sy afgesonderde profete, 22want Moshe het gesê: ‘יהוה sal vir julle ’n profeet, wat net soos ek is, uit julle broers laat opstaan; luister na alles wat Hy vir julle sal sê 23en elke gees wat nie na dié profeet luister nie, sal vanuit die mense vernietig word.’ 24Ook het al die profete, van Sh’mu’el af en na hom, almal gepraat en ook hierdie dae aangekondig. 25Julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Avraham gesê het: ‘In jou Saad sal al die families van die aarde geseën wees.’ 26God het Sy Seun eerste vir julle aangestel en gestuur as ’n Seën vir julle, as julle wegdraai van julle booshede, terug na God toe.” Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission. Bible Hub |