2 Samuel 20
Afrikaans PWL
1’n Deugniet met die naam van Sh’va, die seun van Bikhri, ’n Binyaminiet was daar en hy het op die ramshoring geblaas en gesê: “Ons het geen deel aan Dawid en ook het ons geen erfenis in die seun van Yishai nie; elke man na sy tent toe, o Yisra’el!”

2Al die manne van Yisra’el het daarvan onttrek om David te volg en Sh’va (Ar. Sh’moa), die seun van Bikhri, gevolg, maar die manne van Y’hudah het standvastig tot hulle koning gebly, van die Yarden af tot by Yerushalayim.

3Toe kom Dawid by sy huis in Yerushalayim en die koning het die tien vroue, die byvroue wat hy laat agterbly het om die huis te versorg, gevat en onder bewaking gesit en aan hulle middele voorsien, maar nie by hulle ingegaan nie. Hulle was opgesluit tot die dag van hulle dood en het gelewe as weduwees.

4Toe sê die koning vir `Amasa: “Roep vir my die manne van Y’hudah binne drie dae byeen en wees jyself ook hier teenwoordig.” 5`Amasa het gegaan om Y’hudah byeen te roep, maar hy het langer as die bepaalde tyd gevat wat hy vir hom vasgestel het. 6Dawid het vir Avishai gesê: “Nou sal Sh’va, die seun van Bikhri, ons meer kwaad doen as Avshalom; vat jou meester se diensknegte en jaag hom agterna sodat hy nie miskien vir homself versterkte stede vind en uit ons oog ontsnap nie.” 7Yo’av se manne het uitgegaan agter hom aan, saam met die persoonlike wagte, die boodskappers en al die magtige manne en hulle het vanuit Yerushalayim gegaan om Sh’va, die seun van Bikhri, agterna te jaag. 8Toe hulle by die groot klip was, wat in Gib’on is, kom `Amasa hulle tegemoet. Yo’av was aangetrek in sy pantser en oor dit was ’n gordel met ’n swaard in sy skede wat by sy dy vasgemaak was en terwyl `Amasa verskyn, plaas Yo’av sy hand op sy swaard. 9Yo’av sê vir `Amasa: “Gaan dit goed met jou, my broer?” Yo’av het `Amasa met die regterhand aan die baard gegryp om hom te soen,

10maar `Amasa was nie op sy hoede vir die swaard wat in Yo’av se hand was nie. Toe steek hy hom daarmee in die maag en stort sy ingewande op die grond uit en hy het hom nie ’n tweede keer gesteek nie en hy is dood. Toe het Yo’av en sy broer, Avishai, vir Sh’va, die seun van Bikhri, agternagejaag. 11Daar het by hom een van Yo’av se jongmanne gestaan en gesê: “Wie ook al vir Yo’av kies en wie ook al vir Dawid is, volg vir Yo’av!” 12`Amasa het egter in die middel van die hoofpad in sy bloed rondgerol en toe die man sien dat elkeen van die manne stil staan wanneer hulle by hom verbykom, het hy `Amasa uit die pad uit verwyder in die veld in en ’n kleed oor hom gegooi.

13Sodra hy van die hoofpad af verwyder is, het al die manne verbygegaan agter Yo’av aan om Sh’va, die seun van Bikhri, agterna te jaag.

14Hy het deur al die stamme van Yisra’el getrek na Avel, Beit-Ma’akhah en die hele Berim en hulle is bymekaargemaak en het ook agter hom aan gegaan. 15Hulle het gekom en hom in Abel-Beit-Ma’akhah beleër en ’n wal teen die stad opgegooi, wat teen die skanse opgerys het. Al die manskappe wat by Yo’av was, het verwoesting gesaai om die muur te laat val. 16Toe roep ’n wyse vrou vanuit die stad: “Luister, luister! Sê asseblief vir Yo’av: ‘Kom hier dat ek met u kan praat.’” 17Hy het haar genader en die vrou sê: “Is u Yo’av?” Hy antwoord: “Ek is.” Toe sê sy vir hom: “Hoor die woorde van u dienares.” Hy antwoord: “Ek luister.” 18Toe praat sy en sê: “Vroeër was hulle gewoond om te sê: ‘Hulle sal sekerlik advies soek by Avel!’ en so het hulle ’n verskil afgehandel. 19Ek is een van die vredeliewendes en getroues in Yisra’el. U is daarop uit om ’n stad te vernietig, selfs ’n moeder in Yisra’el. Waarom wil u die erfenis van יהוה verteer?” 20Yo’av antwoord: “Dit is ver, ver van my dat ek sou verslind of vernietig! 21Die saak is nie so nie, maar ’n man van die bergland van Efrayim, Sh’va, die seun van Bikhri, het sy hand opgelig teen koning Dawid. Lewer hom slegs uit, dan sal ek van die stad af wegtrek.” Die vrou sê vir Yo’av: “Let op, sy kop sal oor die muur na u toe gegooi word.” 22Toe het die vrou in wysheid na die hele volk gekom en hulle het die kop van Sh’va, die seun van Bikhri, afgekap en dit na Yo’av gegooi. Toe het hy die ramshoring geblaas en hulle het uitmekaar gespat, weg van die stad af, elkeen na sy tent. Yo’av het ook na Yerushalayim, na die koning toe teruggegaan.

23Yo’av was oor die hele leër van Yisra’el en B’nayah, die seun van Y’hoyada, oor die persoonlike wagte en oor die boodskappers 24en Adoram was oor die dwangarbeid en Y’hoshafat, die seun van Agilud, was die griffier. 25Sh’va was skrywer en Tzadok en Avyatar priesters 26en `Ira, die Ya’iriet, was ’n bedienaar by Dawid.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Samuel 19
Top of Page
Top of Page