2 Korinthiërs 6
Afrikaans PWL
1As helpers smeek ons julle dat die onverdiende guns van God, wat julle ontvang het, nie waardeloos in julle word nie,

2want Hy sê: “In die aanvaarbare tyd het Ek jou geantwoord en in die dag van redding het Ek jou gehelp.” Let op, nou is dit die aanvaarbare tyd en nou is dit die dag van redding.

3Waarom sal jy aan enige iemand ’n rede gee tot struikeling, as dit nie ’n tekortkoming in ons bediening sou wees nie, 4maar in alles wys ons onsself as dienaars van God, met baie verwagtende uithou, in vervolginge, in benoudheid, in gevangeskap, 5in houe, in kettings, in oproere, in harde werk, in slapeloosheid, in honger, 6in reinheid, in kennis, in geduld, in sagte goedheid, in die Gees van Afsondering, in liefde sonder misleiding, 7in die boodskap van die waarheid, in die wonderwerkende krag van God, deur die wapens van onpartydige opregtheid in die regter- en linkerhand; 8deur eer en oneer, deur lofprysing en berisping; asof misleiers en tog waar; 9asof onbekendes en tog bekend; asof een wat doodgaan en let op, ons lewe; asof ons gestraf word en tog nie sterwend nie; 10asof bedroef is, maar ons verheug ons altyd; asof arm, maar wat baie ander ryk maak; asof mense wat niks het nie en tog alles besit.

11Ons het ons mond teenoor julle oopgemaak, Korinthiërs en ons denke, wil en emosie groter oopgemaak. 12Ons beperk julle nie, maar die beperking is in julle omgee. 13Ek praat egter soos met kinders: betaal my beloning wat by julle is en vergroot julle liefde vir my.

14Moenie saam met ongelowiges gejuk wees nie. Watter deel het onpartydige opregtheid met die oortreding van die wet en watter gemeenskap het lig met die duisternis? 15Of watter ooreenstemming het Die Gesalfde Een met die teëstander; of watter deelname het die wat vertrou met die ongelowige?

16Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van die lewende God, net soos gesê is: “Ek sal in hulle bly en Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ’n volk wees.”

17“As gevolg hiervan,” sê יהוה, “gaan van tussen hulle uit, skei jou af van hulle, raak nie die dinge wat onrein is, aan nie en Ek sal julle ontvang

18en Ek sal vir julle ’n Vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees,” sê יהוה, wat almal vashou.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Corinthians 5
Top of Page
Top of Page