2 Korinthiërs 10
Afrikaans PWL
1Ek, Sha’ul, versoek julle deur die rustige kalmte en sagtheid van Die Gesalfde Een, ek wat tussen julle sag is teenoor julle, maar in my afwesigheid vrymoedig is teenoor julle; 2ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek my nie op reguit openlikheid hoef te beroep, soos wat ek beplan om reguit te wees teen sommige wat reken dat ons volgens die vleeslike lewe nie, 3want hoewel ons in die uiterlike liggaam lewe, maak ons nie oorlog volgens die vleeslike nie, 4want die wapens van ons oorlog is nie van die vlees nie, maar vanuit die krag van God en daarmee onderwerp ons rebelse vestings, 5ons breek argumente en elke hoë skeiding wat teen die kennis van God opgerig word, af en neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Die Gesalfde Een. 6Ons is voorbereid om die straf uit te oefen op almal wat nie gehoorsaam nie, wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

7Julle kyk na die oppervlakkige. As iemand by homself vertrou dat hy aan Die Gesalfde Een behoort, laat hy in sy verstand en wil weet dat, net soos hy aan Die Gesalfde Een behoort, ons ook net so, 8want al sou ek ook nog meer roem oor outoriteit wat ons Meester my gegee het, sal ek my nie skaam nie, want dit is vir ons gegee om julle op te bou en nie te vernietig nie. 9Ek vermy dit egter, anders sou dit lyk asof ek julle deur my briewe wil bang maak, 10want daar is mense wat sê: “Die briewe is gewigtig en kragtig, maar die koms in die vlees is kragteloos en die boodskap verwerplik.” 11Laat hom wat so praat daaraan dink dat ons dieselfde wat ons deur die briewe in ons afwesigheid sê, ook in dade doen as ons aanwesig is,

12want ons waag nie om onsself te tel by, of te vergelyk met, sommige van die wat hulleself aanbeveel nie, maar die wat hulle met hulself vergelyk, is nie wys nie, 13maar ons sal nie oormatig roem nie, maar volgens die maat van die standaard wat God vir ons gegee het wat tot by julle kom, 14want dit is nie asof ons nie by julle uitgekom het nie, want ons het onsself uitgestrek om by julle aan te kom met die goeie boodskap van Die Gesalfde Een. 15Ons roem nie buite ons mate in die werk van ander nie, maar ons het ’n aktiewe verwagting dat, wanneer julle vertroue toeneem, ons tussen julle verhoog sal word en ons verder sal gaan 16om ook die goeie boodskap te verkondig in plekke verder as julle, nie om in die mate van ander nie, maar in wat ons gewen het, te roem. 17Hy wat roem, moet in יהוה roem, 18want hy wat homself aanbeveel, is nie aanvaarbaar nie, maar hý wat deur יהוה aanbeveel word.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
2 Corinthians 9
Top of Page
Top of Page