1 Samuel 15
Afrikaans PWL
1Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “יהוה het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Yisra’el; luister en doen daarom nou die woorde van יהוה. 2So sê יהוה-Tzva’ot: ‘Ek sal `Amalek straf vir wat hy aan Yisra’el gedoen het, hoe hy homself teen hom gestel het op die pad terwyl hy uit Mitzrayim uit gekom het. 3Gaan nou en verslaan `Amalek en vernietig alles heeltemal wat hy het en moet hom nie spaar nie, maar maak dood beide man en vrou, kind en suigeling, bees en kleinvee, kameel en donkie.”

4Toe het Sha’ul die manne bymekaargeroep en hulle getel in T’la’im: twee honderd duisend voetsoldate en tien duisend man van Y’hudah. 5Sha’ul het by die stad van `Amalek gekom en ’n hinderlaag in die vallei opgestel. 6Sha’ul het vir die Keiniete gesê: “Gaan weg, vertrek, gaan uit onder die `Amalekiete uit sodat ek julle nie saam met hulle vernietig nie, want julle het goedgunstigheid gewys aan al die seuns van Yisra’el toe hulle vanuit Mitzrayim op gekom het.” Die Keiniete het van onder die `Amalekiete uit weggetrek. 7Sha’ul het die `Amalekiete vanaf Havilah, op pad na Shur, wat oos is van Mitzrayim, verslaan. 8Hy het Agag, die koning van `Amalek, lewendig gevang en al die mense deur die skerpte van die swaard vernietig. 9Sha’ul en die manne het egter vir Agag, die beste van die kleinvee en beeste, die vetgemaaktes, die lammers en alles wat goed was, gespaar en was nie gewillig om hulle volledig te vernietig nie, maar alles wat veragtelik en waardeloos was, dit het hulle volledig vernietig.

10Toe het die woord van יהוה tot Sh’mu’el gekom en gesê: 11“Ek is spyt dat Ek Sha’ul koning gemaak het, want hy het weggedraai daarvan om My te volg en het nie My opdragte uitgevoer nie.” Sh’mu’el was ontsteld en het die hele nag deur na יהוה uitgeroep. 12Sh’mu’el het vroeg die oggend opgestaan om Sha’ul te ontmoet en dit is vir Sh’mu’el vertel en gesê: “Sha’ul het na Karmel gekom en let op, hy het vir homself ’n gedenkteken opgerig en toe gedraai en aangegaan af na Gilgal.” 13Sh’mu’el het by Sha’ul gekom en Sha’ul sê vir hom: “Geseënd is u deur יהוה! Ek het die opdrag van יהוה uitgevoer.” 14Sh’mu’el sê egter: “Wat is dan hierdie geblêr van kleinvee in my ore en ’n gebulk van beeste wat ek hoor?” 15Sha’ul sê: “Hulle het dit van die `Amalekiete af gebring, want die manne het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan יהוה, u God, te offer, maar die res het ons volledig vernietig.” 16Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Wag en laat ek jou vertel wat יהוה laasnag vir my gesê het.” Hy sê vir hom: “Praat!”

17Sh’mu’el sê: “Is dit nie waar nie, alhoewel jy klein was in jou eie oë, is jy die hoof van die stamme van Yisra’el? יהוה het jou as koning oor Yisra’el gesalf 18en יהוה het jou op ’n missie gestuur en gesê: ‘Gaan en vernietig die sondaars, die `Amalekiete, volkome en veg teen hulle totdat hulle uitgewis is.’ 19Waarom het jy nie die stem van יהוה gehoorsaam nie, maar op die buit afgestorm en gedoen wat boos is in die oë van יהוה?”

20Toe sê Sha’ul vir Sh’mu’el: “Ek het die stem van יהוה gehoorsaam en op die missie gegaan waarop יהוה my gestuur het en Agag, die koning van `Amalek, terug- gebring en die `Amalekiete volledig vernietig, 21maar die manne het sommige van die buit, kleinvee en beeste, die beste van die goed toegewy tot vernietiging, gevat om aan יהוה, u God, in Gilgal te offer.”

22Sh’mu’el het gesê: “Het יהוה soveel behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van יהוה? Let op, om gehoorsaam te wees is beter as offers; om te luister beter as die vet van ramme,

23want rebellie is soos die sonde van waarsêery en opstandigheid is soos oortredings en afgodery. Omdat jy die woord van יהוה verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”

24Toe sê Sha’ul vir Sh’mu’el: “Ek het gesondig; ek het waarlik die bevel van יהוה en u woorde oortree, want ek was bang vir die manne en het na hulle stem geluister; 25daarom, asseblief spreek my sonde vry en keer terug saam met my dat ek יהוה kan aanbid.” 26Sh’mu’el sê egter vir Sha’ul: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie omdat jy die woord van יהוה verwerp het en יהוה jou as koning oor Yisra’el verwerp het.” 27Terwyl Sh’mu’el omdraai om te gaan, gryp Sha’ul die rand van sy kleed en dit het geskeur. 28Sh’mu’el sê vir hom: “Vandag het יהוה die koningskap oor Yisra’el van jou afgeskeur en dit aan jou naaste, wat beter as jy is, gegee. 29Die Eer, Lof en Aanbidding van Yisra’el sal ook nie lieg of Sy gedagtes verander nie, want Hy is nie ’n mens dat Hy Sy gedagtes sal verander nie.” 30Toe sê hy: “Ek het gesondig; eer my tog nou voor die oudstes van my mense en voor Yisra’el en gaan terug saam met my dat ek יהוה, u God, kan aanbid.” 31Sh’mu’el het teruggegaan agter Sha’ul aan en Sha’ul het יהוה aanbid.

32Toe sê Sh’mu’el: “Bring Agag, die koning van `Amalek, na my toe.” Agag het opgeruimd na hom toe gekom. Agag het gesê: “Sekerlik is die bitterheid van die dood verby.” 33Sh’mu’el het egter gesê: “Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder kinderloos wees onder die vroue.” Sh’mu’el het Agag in stukke gekap voor die Teenwoordigheid van יהוה in Gilgal.

34Toe gaan Sh’mu’el na Ramah, maar Sha’ul het opgegaan na sy huis by Giv’ah van Sha’ul. 35Sh’mu’el het Sha’ul tot die dag van sy dood nie weer gesien nie en Sh’mu’el het getreur oor Sha’ul en יהוה was spyt dat Hy Sha’ul koning gemaak het oor Yisra’el.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Samuel 14
Top of Page
Top of Page