1 Konings 17
Afrikaans PWL
1Eliyahu, vanaf Tishbe, wat van die setlaars in Gil’ad was, het vir Ag’av gesê: “So waar as יהוה, die God van Yisra’el, leef, voor wie ek staan, daar sal sekerlik geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!” 2Die woord van יהוה het na hom gekom en gesê: 3“Gaan hiervandaan weg en draai ooswaarts en steek jouself weg by die spruit K’rit, wat oos van die Yarden is. 4Dit sal wees dat jy van die spruit sal drink en Ek het die kraaie beveel om daar vir jou te voorsien.” 5Hy het gegaan en gedoen volgens die woord van יהוה, want hy het gaan bly by die spruit K’rit, wat oos van die Yarden is. 6Die kraaie het in die oggend vir hom brood en vleis gebring en brood en vleis teen sonsondergang en hy het uit die spruit gedrink. 7Dit het gebeur na ’n rukkie dat die spruit opgedroog het, want daar was geen reën in die land nie.

8Toe kom die woord van יהוה na hom en sê: 9“Staan op, gaan na Tzarfat wat in Tzidon is en bly daar; let op, Ek het ’n weduwee daar beveel om vir jou te voorsien.” 10Hy het opgestaan en na Tzarfat gegaan en toe hy by die hek van die stad kom, let op, was ’n weduwee besig om daar houtjies bymekaar te maak en hy roep haar en sê: “Gaan haal asseblief vir my ’n bietjie water in die houer sodat ek kan drink.” 11Terwyl sy gaan om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: “Bring asseblief vir my ’n stukkie brood in jou hand.” 12Sy antwoord egter: “So waar as יהוה, u God, leef, ek het geen brood nie, net ’n handvol meel in die houer en ’n bietjie olie in die kruik en let op, ek maak nou ’n paar houtjies bymekaar sodat ek in kan gaan en vir my en my seun kan voorberei sodat ons dit kan eet en sterf.” 13Toe sê Eliyahu vir haar: “Moenie vrees nie, gaan, doen soos jy gesê het, maar maak eers daarvan vir my ’n klein broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun maak, 14want so sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Die meel in die houer sal nie uitgeput raak of die olie in die kruik leeg word nie, tot op die dag dat יהוה reën op die aarde sal gee.” 15Sy het gegaan en gedoen volgens die woord van Eliyahu en sy, hy en haar huishouding het vir baie dae lank geëet. 16Die meel in die houer is nie uitgeput en die olie in die kruik het nie leeg geword nie, volgens die woord van יהוה wat Hy deur Eliyahu gesê het.

17Dit het gebeur ná hierdie dinge dat die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword het en sy siekte was so ernstig dat daar geen asem in hom oor was nie. 18Sy sê vir Eliyahu: “Wat het ek met u te doen, man van God? U het na my gekom om my oortredinge in herinnering te bring en my seun dood te maak!” 19Hy antwoord haar: “Gee vir my jou seun. Toe het hy hom van haar bors af weggevat en hom opgedra na die bo-kamer waar hy gebly het en hom op sy eie bed neergelê. 20Hy het na יהוה toe uitgeroep en gesê: “יהוה, my God, het U ook oor die weduwee by wie ek bly, ’n onheil gebring deur haar seun te laat sterf?” 21Toe het hy homself drie maal uitgestrek oor die seun en יהוה aangeroep en gesê: “יהוה, my God, ek vra U, laat hierdie seun se lewe na hom terugkeer.” 22יהוה het Eliyahu se stem gehoor en die lewe van die seun het na hom toe teruggekeer en hy het weer geleef. 23Eliyahu vat die seun en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder en Eliyahu sê: “Kyk, jou seun lewe!” 24Toe sê die vrou vir Eliyahu: “Nou weet ek dit: dat u ’n man van God is en dat die woord van יהוה, in u mond, waarheid is.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Kings 16
Top of Page
Top of Page