1 Johannes 3
Afrikaans PWL
1Let op hoe oorvloedig die liefde van die Vader vir ons is: dat Hy ons kinders genoem en ook kinders gemaak het! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie omdat dit Hom ook nie ken nie. 2Julle vir wie ons lief is, ons is nou kinders van God en dit is tot nou toe nie openbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat ons, as Hy openbaar word, na Sy beeld sal wees en Hom sal sien net soos Hy is 3en elkeen wat hierdie versekerde verwagting in Hom het, reinig homself soos Hy rein is,

4maar elkeen wat sondig, breek die wet. Eintlik is sonde om sonder die wet te wees. 5Julle weet dat Hy openbaar is om ons sondes weg te vat en dat daar geen sonde in Hom is nie. 6Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie. 7Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie onpartydig opreg is, is onskuldig net soos Hy, Die Gesalfde Een, onskuldig is. 8Hy wat sonde doen, is vanuit die teëstander, want die teëstander is van die begin af ’n sondaar. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die teëstander te vernietig. 9Almal wat uit God gebore is, doen nie sonde nie omdat Sy Saad in hom bly en hy kan nie aanhou sondig nie, want hy is uit God gebore. 10Hierin word die kinders van God van die kinders van die teëstander onderskei: elkeen wat nie voortdurend onpartydig opreg is of sy broer voortdurend liefhet nie, is nie van God nie,

11want dit is die opdrag wat julle van die begin af gehoor het: dat julle mekaar moet liefhê, 12nie soos Kayin wat van die bose een was en sy broer doodgemaak het nie. Waarom het hy hom doodgemaak? Omdat sy dade boos was en dié van sy broer onskuldig.

13Moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie, my broers. 14Hierin weet ons dat ons weggegaan het vanuit die dood na die lewe toe: indat ons die broers voortdurend lief het. Hy wat sy broer nie voortdurend lief het nie, bly in die dood. 15Elkeen wat sy broer haat, vermoor ’n persoon en julle weet dat die ewige lewe nie in iemand wat ’n persoon vermoor kan bly nie. 16Hieraan ken ons Sy liefde teenoor ons: dat Hy Sy lewe in ons plek gegee het en dit is reg vir ons om ons lewens ter wille van ons broers te gee. 17Wie ook al besittings van die wêreld het en sien dat sy broer ’n behoefte het en sy liefdevolle omgee van hom weerhou, hoe bly die liefde van God in hom? 18Kinders, laat ons mekaar nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid 19en hierdeur word dit bekend gemaak dat ons uit die waarheid is en voordat Hy kom, word ons verstand, wil en emosie verseker, 20want as ons verstand, wil en emosie ons veroordeel, God is groter as ons verstand, wil en emosie en Hy weet alles. 21Julle vir wie ons lief is, as ons verstand, wil en emosie ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God 22en alles wat ons vra, sal ons van Hom af ontvang omdat ons Sy opdragte uitvoer en voor Hom goed doen.

23Dit is Sy opdrag: dat ons moet vertrou in die Outoriteit en Karakter (Naam) van Sy Seun, Yeshua, Die Gesalfde Een en mekaar voortdurend liefhê soos Hy ons beveel het 24en wie ook al Sy opdragte uitvoer, word deur Hom beskerm en Hy bly in hom. Hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat Hy ons gee.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 John 2
Top of Page
Top of Page