1 Kronieke 25
Afrikaans PWL
1Dawid en die prinse van die stamme het Heman en Y’dutun, die seuns van Azram, sy seun, afgesonder vir die diens van Asaf. Hierdie is die Leviete volgens die families van hulle vaders en hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aharon, in die teenwoordigheid van koning Dawid, Tzadok, Agimelekh en die hoofde van die huise van die vaders van die priesters en van die Leviete. Die jonger en ouer broers is gelyk gereken in getal en die getal werkers volgens hulle diens was, 2van die seuns van Asaf: Sakkur, Yosef, N’tanyah en Asar’elah; die seuns van Asaf wat die koning onder Y’dutun geplaas het as sangers; 3van die seuns van Y’dutun was G’dalyahu, Tzeri, Yesha’yahu, Hashavyahu, Mattityahu en Y’dutun, ses, onder leiding van hulle vader Y’dutun wat gesing het met die harp en dank gebring het aan יהוה; 4van Heman, die seuns van Heman was Bukiyahu, Mattanyahu, `Uzi’el, Sh’vu’el, Yerimot, Hananyah, Hanani, Eli’atah, Giddalti en Romamti-`Ezer, Yoshb’kashah, Malloti, Hotir en Magzi’ot. 5Hulle almal was die seuns van Heman, die profeet van die koning, in die woorde van God, om die horing op te lig en God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee. 6Hulle almal was onder leiding van hulle vader vir sang in die huis van יהוה, met simbale, instrumentale musiek en harpe, vir die diens in die huis van God volgens die koning se bevel aan Asaf, Y’dutun en Heman. 7Hulle getal, saam met hulle broers wat geoefend was in die liedere van יהוה, was twee honderd agt en tagtig.

8Hulle het die lot gewerp vir hulle afdelings, die jongste saam met die oueres, die leermeester saam met die leerling.

9Die eerste lot het geval vir Asaf, op Yosef; die tweede op G’dalyah; hy en sy broers en sy seuns was twaalf; 10die derde op Zakkur; sy seuns en sy broers, twaalf; 11die vierde op Izri; sy seuns en sy broers, twaalf; 12die vyfde op N’tan’yahu; sy seuns en sy broers, twaalf; 13die sesde op Bukkiyahu; sy seuns en sy broers, twaalf; 14die sewende op Y’sar’elah; sy seuns en sy broers, twaalf; 15die agtste op Yesha’yahu; sy seuns en sy broers, twaalf; 16die negende op Mattanyahu; sy seuns en sy broers, twaalf; 17die tiende op Shim’i; sy seuns en sy broers, twaalf; 18die elfde op `Azar’el; sy seuns en sy broers, twaalf; 19die twaalfde op Hashavyah; sy seuns en sy broers, twaalf; 20die dertiende op Shuva’el; sy seuns en sy broers, twaalf; 21die veertiende op Mattityahu; sy seuns en sy broers, twaalf; 22die vyftiende op Yeremot; sy seuns en sy broers, twaalf; 23die sestiende op Hananyahu; sy seuns en sy broers, twaalf; 24die sewentiende op Yoshb’kashah; sy seuns en sy broers, twaalf; 25die agttiende op Hanani; sy seuns en sy broers, twaalf; 26die negentiende op Malloti; sy seuns en sy broers, twaalf; 27die twintigste op Eli’atah; sy seuns en sy broers, twaalf; 28die een en twintigste op Hotir; sy seuns en sy broers, twaalf; 29die twee en twintigste op Giddalti; sy seuns en sy broers, twaalf; 30die drie en twintigste op Magzi’ot; sy seuns en sy broers, twaalf; 31die vier en twintigste op Romamti-`Ezer; sy seuns en sy broers, twaalf.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
1 Chronicles 24
Top of Page
Top of Page