Hooglied 6
Afrikaans PWL
1Waarheen het jou vriend gegaan, o mooiste onder die vroue? Waar het jou vriend afgedraai sodat ons hom saam met jou kan soek?

2My vriend het afgeloop na sy tuin, na die beddings van speserye om te eet in die tuine en om lelies bymekaar te maak.

3Ek is my vriend s’n en my vriend is myne; hy eet tussen die lelies.

4Jy is mooi en begeerlik, my vriendin, lieflik soos Yerushalayim en gereken as een onder die mooistes.

5Draai jou oë weg van my af, want hulle het my oorweldig; jou hare is soos ’n kudde bokke wat opkom vanaf die berg Gil’ad.

6Jou tande is soos ’n kudde geskeerde skape wat van die wassery af opkom, wat elkeen ’n tweeling dra en geen een van hulle is sonder lam nie.

7Jou wange, agter jou sluier, is soos twee stukke granaat.

8Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en maagde sonder getal.

9My perfekte duif is maar een, sy is die enigste een vir haar moeder; sy is die gekose een vir haar wat geboorte aan haar gegee het. Die dogters het haar gesien en haar geprys, ja, die koninginne en die byvroue het haar ook geprys:

10“Wie is sy wat lyk soos die sonsopkoms, mooi soos die maan, helder soos die son en gereken as ’n prinses?”

11Ek het afgeloop na die tuin van okkerneutbome om die vrug van die vallei te sien, om te kyk of die wingerdstok uitloop en of die granate bot.

12Onbekend met my lewe, het ek gesit op die publieke wa, wat gereed was.

13Kom terug, kom terug, o Shulamiet, kom terug, kom terug sodat ons na jou kan kyk. Wat sien julle in die Shulamiet, wat vreugdevol uitkom soos die vreugde van ’n gasvrou?

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Song of Solomon 5
Top of Page
Top of Page