Hooglied 4
Afrikaans PWL
1Let op, jy is mooi, my vriendin, let op, jy is mooi; jou oë agter die sluier is soos duifoë; jou hare is soos ’n kudde bokke wat opkom vanaf die gebergte van Gil’ad.

2Jou tande is soos ’n kudde geskeerde skape wat van die wassery af opkom, wat elkeen ’n tweeling dra en geen een van hulle is sonder lam nie.

3Jou lippe is soos ’n skarlakendraad en jou spraak is mooi, soos die eerste blomme van die granaat.

4Jou nek onder jou sluier is soos die toring van Dawid, gebou vir ’n wapenopslagplek, waaraan ’n duisend skilde hang, almal kokers van dapper manne.

5Jou twee borste is soos twee jong bokke, tweelinge van ’n gasel, wat tussen die lelies wei.

6Terwyl die dag koel is en die aandskaduwees afneem, sal ek gaan na die berg van mirre en die heuwels van wierook.

7Jy is oral-oor mooi, my vriendin, daar is selfs geen merk aan jou nie.

8Kom saam met my vanaf die L’vanon, my suster, my bruid, kom saam met my vanaf die L’vanon! Jy sal oor die top van Amanah gaan, vanaf die top van S’nir en van Hermon, vanaf die lêplekke van die leeus, vanaf die berge van die luiperds.

9Jy het my aangemoedig, my suster, my bruid, jy het my binneste gesteel met ’n kyk van een van jou oë, met een halssnoer om jou nek.

10Hoe mooi is jou borste, my suster, my bruid, hoeveel beter is jou borste as wyn en die geur van jou salwe as alle speserye!

11Jou lippe drup soos die heuningkoek; heuning en melk is onder jou tong en die geur van jou klere is soos die parfuum van L’vanon.

12My suster, my bruid, is ’n omringde tuin, ja, ’n beskermde tuin, ’n geseëlde fontein.

13U spruite is ’n boord van granate met aangename vrugte; henna-blom met nardus,

14nardus en saffraan, soetriet en kaneel, met allerhande bome van wierook, mirre en aalwyn, met al die hoof speserye.

15Hulle is ’n fontein van tuine, ’n put van lewende waters wat vloei vanaf die L’vanon.

16Word wakker, Noordewind en kom, Suidewind; waai oor my tuin sodat die parfuum kan uitsprei! Laat my vriend in sy tuin inkom en van sy aangename vrugte eet.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Song of Solomon 3
Top of Page
Top of Page