Lied van Liedere 1
Afrikaans PWL
1Die lied van liedere; van Shlomo, die seun van Dawid, koning van Yisra’el.

2Laat hy my soen met die soene van sy mond, want jou liefde is beter as wyn.

3As gevolg van die aangename geur van jou salf, is jou naam soos salf van mirre; daarom het die maagde jou lief.

4Trek my agter jou aan, laat ons hardloop! Die koning het my in sy binnekamers ingebring; ons sal in die rondte swaai en ons verheug in jou, ons sal jou liefde onthou meer as wyn en jou teerheid meer as die opregte.

5Ek het ’n donker vel, maar ek is aantreklik, o dogters van Yerushalayim, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Shlomo.

6Moenie na my kyk omdat ek ’n donker vel het omdat die son my bruin gebrand het nie. Die seuns van my moeder het met my getwis; hulle het my aangestel as die oppasser van die wingerde, maar my eie wingerd het ek nie opgepas nie.

7Vertel my, o jy wat my lewe liefhet, waar moet ek wei, waar laat jy jou trop op die middag rus? Dat ek nie word soos ’n skaap wat wegdwaal van jou kuddes af nie.

8As jy nie weet nie, o jy, mooiste onder die vroue, kom, volg die voetspore van die trop en laat jou klein bokkies wei langs die tente van die herders.

9Ek het jou vergelyk met ’n merrie voor Farao se krygswa, o my vriendin!

10Jou wange is mooi met gevlegte hare en jou nek met halssnoere.

11Ons sal vir jou goue kettinkies maak met silwer knoppe.

12Terwyl jy saam met die koning op sy kussing sit, het die nardus sy geur laat uitgaan.

13Die een wat ek liefhet is soos ’n bossie mirre vir my; hy sal heelnag tussen my borste lê.

14Die een wat ek liefhet is vir my soos ’n tros henna-blomme in die wingerde van `Ein-Gedi.

15Let op, jy is mooi, my vriendin! Let op, jy is mooi, jy het oë soos ’n duif!

16Let op, jy is mooi, my vriendin, ja, aangenaam; ook ons bed is ruim.

17Die balke van ons huis is van seder en ons panele van sipres.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse Vertaling (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Ecclesiastes 12
Top of Page
Top of Page