Psalms 96
Afrikaans PWL
1Sing tot יהוה ’n nuwe lied; sing tot יהוה, die hele aarde!

2Sing tot יהוה, loof Sy Naam (Karakter en Outoriteit), verkondig Sy verlossing van dag tot dag.

3Verkondig Sy lof, eer en aanbidding aan al die nasies, Sy wonders onder al die volke,

4want יהוה is groot en waardig om helder en duidelik geloof te word; Hy moet respekvol gevrees word bo alle gode,

5want al die gode van die nasies is leeg, maar יהוה het die hemele gemaak.

6Eer en majesteit is voor Sy Teenwoordigheid, sterkte en mooiheid is in Sy Afgesonderde Plek.

7Gee aan יהוה, o familie van die volke, gee aan יהוה eer, lof en aanbidding.

8Gee aan יהוה die eer, lof en aanbidding wat Sy Karakter en Outoriteit (Naam) waardig is; bring ’n offer en kom in Sy howe in.

9Val op jou gesig neer voor יהוה in die tempel van afgesonderdheid; bewe voor Hom, o hele aarde!

10Sê onder die volke dat יהוה heers! Die wêreld sal gevestig word sodat dit nie beweeg kan word nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.

11Laat die hemele hulle verheug en die aarde bly wees; laat die see en sy volheid raas.

12Laat die veld spring van vreugde en alles wat daarin is; dan sal al die bome van die woud uitroep van vreugde

13voor die Teenwoordigheid van יהוה, want Hy kom, Hy kom om die aarde te oordeel. Hy sal die wêreld oordeel in onpartydige opregtheid en die volke in Sy waarheid.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 95
Top of Page
Top of Page