Psalms 95
Afrikaans PWL
1Kom, laat ons uitroep van vreugde tot יהוה, ’n harde geraas maak van blydskap tot die God van ons verlossing.

2Laat ons met uitgestrekte hande in lof voor Sy Teenwoordigheid kom en uitroep van vreugde met instrumentale musiek,

3want יהוה is ’n groot God en ’n groot Koning bo alle gode.

4In Sy hande is die fondasies van die aarde; die sterkte van die heuwels is ook Syne.

5Die see behoort aan Hom, Hy het dit gemaak, Sy hande het die droë land gevorm.

6Kom, laat ons op ons gesigte neerval en neerbuig; laat ons kniel voor יהוה, ons Maker,

7want Hy is ons God en ons is die volk van Sy weiveld en die skape van Sy hand. Vandag, as jy maar Sy stem wil hoor, luister en doen.

8Moenie julle verstand, wil en emosie verhard soos in die uittarting en soos op die dag van versoeking in die wildernis

9toe julle vaders My getoets het, My beproef het en My werk gesien het nie.

10Veertig jaar lank het Ek getreur oor daardie geslag en gesê: “Hulle is ’n volk wat verkeerd doen in hulle verstand, wil en emosie en hulle het nie My lewenswyse geken nie;

11tot wie Ek in My woede gesweer het dat hulle nie in My rus sal ingaan nie!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 94
Top of Page
Top of Page