Psalms 8
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier; op die Gittitiese harp: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. O יהוה, ons יהוה, hoe majestueus is U Karakter en Outoriteit (Naam) op die hele aarde! U het U grootheid en lof bo die hemele vertoon.

2Uit die mond van seuns en suigelinge het U, as gevolg van U teëstanders, sterkte vasgestel sodat U die vyand en die wraakgierige kan vernietig.

3As ek U hemele en die werk van U vingers beskou, die maan en die sterre wat U aangestel het,

4wat is die mens dat U aan hom dink en die seun van ’n mens dat U vir hom omgee?

5Tog het U hom ’n klein bietjie minder gemaak as die engele en hom met eer, lof en majesteit aangetrek.

6U laat hom heers oor die werke van U hande; U het alles onder sy voete gesit:

7alle skape en beeste en ook die diere van die veld,

8die voëls van die lug en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.

9O יהוה, ons יהוה, hoe majestueus is U Karakter en Outoriteit (Naam) op die hele aarde!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 7
Top of Page
Top of Page