Psalms 7
Afrikaans PWL
1’n Vurige loflied van Dawid wat hy tot eer van יהוה gesing het aangaande Kush, ’n Binyaminiet. O יהוה, my God, in U skuil ek; red my van al my vervolgers en bevry my

2of hy sal my lewe verskeur soos ’n leeu, my wegsleep terwyl daar niemand is om my te bevry nie.

3O יהוה, my God, as ek hierdie ding gedoen het, as daar onreg in my hande is,

4as ek wraakgierig was op hom wat aan my boosheid gedoen het, of my vyande sonder rede onderdruk het,

5laat die vyand my agtervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer en lof in die stof laat lê.

6Staan op, יהוה, in U woede, lig Uself op teen die woede van my teëstanders en staan op vir my; U het regverdige oordeel aangestel!

7Laat die vergadering van die volke U omring; om hulle onthalwe keer terug na bo!

8יהוה oordeel die volke. Oordeel oor my, יהוה, volgens my onpartydige opregtheid en my integriteit wat in my is.

9Laat die boosheid van die wetsoortreders tot ’n einde kom, maar bevestig die regverdige, o Ondersoeker van die verstand, wil en emosies en die lewens!

10My skild is by God wat die opregtes van verstand, wil en emosie red.

11God is ’n regverdige Regter en ’n God wat nie elke dag kwaad is nie.

12As ’n man nie berou het en omdraai nie, sal Hy Sy swaard skerp maak; Hy span Sy boog en maak dit gereed.

13Hy het ook vir Homself dodelike wapens voorberei; Hy maak vir Sy pyle brandende stele.

14Let op, die wetsoortreder het korrup geword en is swanger met boosheid en bring valsheid voort.

15Hy het ’n put gegrawe en dit uitgehol en het geval in die gat wat hy gemaak het.

16Sy streke sal op sy eie kop terugkom en sy geweld sal afkom op sy eie skedel.

17Ek sal יהוה loof en prys met uitgestrekte hande volgens Sy onpartydige opregtheid en sing en musiek maak oor die Karakter en Outoriteit van יהוה, die Allerhoogste.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 6
Top of Page
Top of Page