Psalms 63
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek, toe hy in die wildernis van Y’hudah was. 2 O God, U is my God, op U wag ek; my lewe dors na U, my vlees smag na U soos in ’n dor en dorstige land, waar daar geen water is nie.

2Soos ek U Afgesonderdheid gesien het, mag ek só U krag en U Gemanifesteerde Teenwoordigheid sien,

3want U liefdevolle goedheid is beter as die lewe; my lippe sal U uitbundig prys.

4Só sal ek neerkniel en U seën terwyl ek lewe, ek sal my hande oplig in U Karakter en Outoriteit (Naam).

5My lewe sal verryk word soos met room en vettigheid en my mond sal uitroep met helder lof oor vreugdevolle lippe.

6Ek onthou U op my bed en ek oordink U in die nagwake,

7want U is my Helper; daarom sal ek lof, eer en aanbidding bring in die skaduwee van U vlerke.

8My lewe volg moeilik agter U aan, U regterhand hou my op,

9maar húlle wat my lewe soek om dit te vernietig, sal in die onderste dele van die aarde ingaan.

10Hulle sal val deur die swaard; hulle sal die jakkalse se deel word,

11maar die koning sal hom in God verheug; elkeen wat by Hom sweer, sal Hom loof en eer, maar die mond van hulle wat leuens praat sal gestop word.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 62
Top of Page
Top of Page