Psalms 62
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier op die wysie van “Y’dutun.” (Lofuitinge): ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 My lewe wag op God; vanaf Hom kom my verlossing.

2Hy alleen is my God en my Verlossing; Hy is my groot Verdediging, ek sal nie beweeg word nie.

3Hoe lank sal julle ’n man bedreig sodat julle hom kan doodmaak? Julle sal wees soos ’n verkrummelde muur en ’n inmekaarvallende heining.

4Julle het gedink om hom van sy verhoogde posisie af te gooi; julle verheug julleself in leuens; julle seën met jul monde en vervloek in julle binneste.

5My lewe wag net op God, want van Hom is my verlossing!

6Hy alleen is my God en my Verlossing; Hy is my Verdediging, ek sal nie beweeg word nie.

7In God is my verlossing, my lof en eer; God is my Krag, my Skuilplek en my Versekerde Verwagting.

8Vertrou altyd op Hom, o volk, stort julle verstand, wil en emosie uit voor Sy Teenwoordigheid! God is ’n Skuilplek vir ons.

9Sekerlik is alle ontroue mense soos wasem; wanneer hulle op die weegskaal geplaas word, word hulle te lig bevind.

10Vertrou nie op onderdrukking en bou geen leë verwagtings op rowery nie; as rykdom vermeerder, laat jou binneste daaroor bly wees!

11God het dit een keer gesê, twee keer het ek dit gehoor: dat krag aan God behoort.

12Aan U, o יהוה, behoort ook die liefdevolle goedheid, want U gee vir elkeen volgens sy werk.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 61
Top of Page
Top of Page