Psalms 40
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Ek het geduldig op יהוה gewag en Hy het Hom na my toe gedraai en my smeekgebed gehoor.

2Hy het my uit die verskriklike put opgetrek, uit die slik van vernietiging en my voete op ’n rots gesit en my rigting bepaal.

3Hy het ’n nuwe lied in my mond gegee, ’n lofprysing tot ons God sodat baie dit sal sien en respekvol vrees en op יהוה vertrou.

4Geseënd is die man wie se vertroue in יהוה is en hom nie draai na trotsheid en leuengesprekke nie.

5Baie wonderwerkende dade het U vir ons gedoen, יהוה, my God en vir ons omgegee; ek het verklaar dat daar te veel is om te tel. Daar is niemand soos U nie.

6U het nie offers of spysoffers begeer nie; wat my betref, ek het nou begrip; brandoffer en sondoffer het U nie vereis nie.

7Toe het ek gesê: “Let op, ek kom; in die deel van die boekrolle is dit van my geskryf.

8O my God, ek verheug my daarin om U wil te doen; U wet is binne-in my verstand, wil en emosie.”

9Ek het U onpartydige opregtheid in die groot vergadering verkondig; let op, ek het nie my lippe bedwing nie, יהוה, U weet dit.

10U onpartydige opregtheid het ek nie in my verstand weggesteek nie; ek het U betroubaarheid en U verlossing verkondig; ek het nie U liefdevolle goedheid en U waarheid vir die groot vergadering weggesteek nie.

11Weerhou nie U liefdevolle omgee van my nie, o יהוה; laat U liefdevolle goedheid en waarheid my voortdurend bewaar,

12want ontelbare booshede het my omring; my wetsoortredinge het my ingehaal sodat ek nie kan opkyk nie; hulle is meer as die hare op my kop en my hart faal in my.

13יהוה, wees bly om my te red; o יהוה, gaan voort om my te help!

14Laat hulle wat my lewe soek, om dit te vernietig, beskaamd staan en verneder word; laat hulle wat boosheid oor my begeer teruggedryf word en tot skande kom.

15Laat hulle wat vir my sê: “Ha, ha!” omvergewerp word vir hulle verwerplike optrede!

16Laat almal wat U soek, hulle verheug en in U vrolik wees; laat dié wat U verlossing liefhet altyd deur sê: “Groot is יהוה!”

17Ek is egter geteister en behoeftig; o יהוה hulle het teen my saamgesweer; U is my Hulp en my Redder; my God, moenie uitstel nie!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 39
Top of Page
Top of Page