Psalms 39
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier; aan Y’dutun: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Ek het gesê: “Ek wil oplet na my lewenswyse dat ek nie sondig met my tong nie; ek sal die woorde van my mond in toom hou solank die bose in my teenwoordigheid is.”

2Ek was stom en stil, ek het my selfs van die goeie weerhou, maar my smart het erger geword.

3My hart was warm binne-in my en my liggaam was aan die brand; toe het ek met my tong gepraat:

4יהוה, wys my my einde en die lengte van my dae; laat my weet hoe verganklik ek is.

5Let op, U het aan my dae ’n beperking geplaas en my ouderdom is soos niks voor U nie; ja, elke mens staan voor U as net ’n asemteug!

6Waarlik, elke mens loop rond soos ’n skynbeeld; hy verdwyn soos ’n asem; hy begrawe skatte en weet nie wie dit bymekaar sal maak nie.

7Van nou af, wat is my versekerde verwagting, behalwe in U, o יהוה?

8Bevry U my van al my wetsoortredinge; maak my nie ’n bespotting van die onregverdige nie.

9Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie, want U het dit gedoen.

10Neem U katshoue van my af weg; ek is neergeslaan deur die houe van U hand.

11Ek word verteer deur bestraffing as gevolg van my sonde; U dissiplineer ’n man en verwyder sy begeertes soos stoppels; waarlik, elke mens is soos ’n asemteug!

12Hoor my gebed, o יהוה, luister na my uitroep; moenie stilbly by my trane nie, want ek is ’n besoeker by U en ’n vreemdeling soos al my vaders was.

13Bevry my sodat ek in vrede kan rus voordat ek heengaan en nie meer is nie.”

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 38
Top of Page
Top of Page