Psalms 34
Afrikaans PWL
1Van Dawid, toe hy sy optrede voor Avimelekh verander het en dié hom weggejaag en hy vertrek het. 2 Ek sal altyd voor יהוה neerkniel; Sy lofprysing sal voortdurend in my mond wees.

2My lewe sal homself altyd beroem op יהוה; die nederiges sal dit hoor en hulle verheug.

3Maak יהוה saam met my groot en laat ons saam Sy Karakter en Outoriteit (Naam) verhoog!

4Ek het יהוה gesoek en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees bevry.

5Kyk na Hom en vertrou in Hom en julle sal nooit teleurgesteld wees nie.

6Hierdie arme man het na Hom geroep en יהוה het hom gehoor en hom gered uit al sy moeilikhede uit.

7Die engel van יהוה slaan kamp op rondom dié wat Hom respekvol vrees en bevry hulle.

8Kyk en sien dat יהוה goed is; geseënd is die man wat in Hom vertrou!

9Vrees יהוה respekvol, julle Sy afgesonderdes, want vir hom wat Hom vrees, is daar geen gebrek nie.

10Die jong leeus ly gebrek en het honger, maar dié wat יהוה soek, sal nie gebrek hê aan enige goeie ding nie.

11Kom, julle seuns, luister na my; ek sal vir julle die respekvolle vrees van יהוה leer.

12Wie is die man wat lewe begeer en die dae om die goeie te kan sien, liefhet?

13Weerhou jou tong van boosheid en jou lippe daarvan om bedrog te praat.

14Gaan weg van die boosheid en doen wat goed is; soek vrede, gesondheid, vreugde, voorspoed en vergenoegdheid en jaag dit na.

15Die oë van יהוה is op die regverdiges en sy ore oop om hulle te hoor.

16Die gesig van יהוה is teen die boosdoeners, om die herinnering aan hulle van die aarde af uit te roei.

17Die regverdige roep uit en יהוה hoor en red hulle uit al hul moeilikhede.

18יהוה is naby dié wat gebroke is van verstand, wil en emosie en Hy verlos dié wat nederig is van gees.

19Die teisteringe van die regverdige is baie, maar יהוה bevry hom uit almal.

20Hy behou al sy bene, nie een daarvan word gebreek nie.

21Boosheid sal die wetsoortreders doodmaak en dié wat die regverdige haat, sal vernietig word.

22יהוה koop die lewe van Sy diensknegte los en nie een wat in Hom vertrou sal veroordeel word nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 33
Top of Page
Top of Page