Psalms 20
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2Mag יהוה jou antwoord in die dag van benoudheid! Mag die Naam (Karakter en Outoriteit) van die God van Ya’akov jou verdedig!

3Mag Hy vir jou hulp stuur vanuit die Afgesonderde Plek en jou versterk vanuit Tziyon!

4Mag Hy jou graanoffers onthou en jou brandoffer aanvaarbaar maak!

5Mag Hy jou gee volgens jou diepste begeertes en al jou beplanning vervul!

6Ons sal sing van vreugde oor jou verlossing en ons baniere oplig in die Naam (Karakter en Outoriteit) van ons God. Mag יהוה al jou versoeke vervul!

7Nou weet ek dat יהוה Sy gesalfde verlos; Hy sal hom antwoord vanuit Sy afgesonderde hemel met die verlossingskrag van Sy regterhand.

8Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar óns sal seëvier deur die Karakter en Outoriteit van יהוה ons God.

9Húlle het inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en regop gestaan. O יהוה, red ons en mag ons Koning ons antwoord op die dag as ons roep!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 19
Top of Page
Top of Page