Psalms 19
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Die hemele vertel van die lof, eer en aanbidding van God en hulle uitgestrektheid verkondig die werk van Sy hande.

2Dag na dag word boodskappe uitgestort en nag na nag word kennis openbaar.

3Daar is geen spraak of taal waar hulle stem nie gehoor word nie.

4Hulle goeie nuus gaan uit oor die hele aarde en hulle uitsprake tot by die einde van die wêreld. Hy het Sy tent vir die son tussen hulle gesit

5en dit is soos ’n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer en hom verheug soos ’n sterk man wat ’n resies hardloop.

6Sy opgaan is van die einde van die hemel af en sy baan tot by die ander einde daarvan en niks is verborge vir sy hitte nie.

7Die wet van יהוה is volmaak: dit verfris die lewe; die getuienis van יהוה, wat die eenvoudiges wys maak, is vertrouenswaardig.

8Die opdragte van יהוה is reg, hulle verbly die verstand, wil en emosie; die bevele van יהוה is suiwer: dit verlig die oë.

9Die respekvolle vrees van יהוה is rein: dit hou aan vir ewig; die oordele van יהוה is waarheid: hulle is volkome regverdig.

10Hulle is begeerliker as goud, ja, as kosbare stene en soeter as heuning uit die korf.

11Meer nog, U dienskneg word daardeur gewaarsku en as hy dit hou sal hy baie beloon word.

12Wie kan struikelinge verstaan? Reinig U my van verborge foute.

13Hou ook U dienskneg terug van verwaande sondes sodat die bose nie oor my heers nie, dan sal ek vrygespreek wees van my sondes.

14Laat die woorde van my mond en die oordenkings van my verstand, wil en emosie aanvaarbaar wees voor U Teenwoordigheid, o יהוה, my Hulp en my Loskoper!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 18
Top of Page
Top of Page