Psalms 147
Afrikaans PWL
1Loof Yah helder en duidelik, want dit is goed om te sing en musiek te maak vir ons God, want dit is verruklik en lofprysing is toepaslik!

2יהוה bou Yerushalayim op; Hy maak die verstrooides van Yisra’el bymekaar.

3Hy genees die wat gebroke van binne is en verbind hulle wonde.

4Hy tel die getal van die sterre; Hy noem hulle almal by die naam.

5Ons Meester is groot en Sy krag is groot; Sy insig is oneindig.

6יהוה lig die swakkes op; Hy verneder die bose tot in die grond.

7Vereer יהוה met uitgestrekte hande, sing en maak musiek met die harp tot ons God,

8wat die hemele met wolke bedek, wat reën gee op die aarde, wat die gras laat groei op die berge,

9wat kos gee aan die beeste en aan die jong rawe wat uitroep.

10Hy het geen plesier in die krag van die perd, geen plesier in die bene van ’n magtige man nie.

11יהוה het plesier in hom wat Hom respekvol vrees, in hom met ’n versekerde verwagting op Sy goedheid.

12Loof יהוהhardop, o Yerushalayim! Loof jou God helder en duidelik, o Tziyon,

13want Hy het die balke van jou poorte versterk; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.

14Hy gee vrede binne jou grense en vul jou met die beste van die koring.

15Hy stuur Sy opdrag oor die aarde, Sy boodskap hardloop baie vinnig.

16Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi die ryp soos as.

17Hy gooi Sy ys uit soos stukkies, wie kan voor Sy koue staan?

18Hy stuur Sy boodskap uit en laat hulle smelt; Hy laat Sy wind waai en die waters vloei.

19Hy verklaar Sy boodskap aan Ya’akov, Sy instellings en oordele aan Yisra’el.

20Hy het nie so met al die nasies gedoen nie en Sy oordele nie aan hulle bekend gemaak nie. Loof Yah helder en duidelik!!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 146
Top of Page
Top of Page