Psalms 146
Afrikaans PWL
1Loof Yah helder en duidelik! Loof יהוה helder en duidelik, o my lewe!

2Ek sal יהוה helder en duidelik loof solank as ek lewe; ek sal sing en musiek maak tot my God solank as wat ek lewe.

3Vertrou nie op prinse, of op die seuns van die mens, in wie geen hulp is nie.

4Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe, op daardie selfde dag hou sy gedagtes op.

5Gelukkig is hy wat die God van Ya’akov het as sy Hulp, wie se versekerde verwagting in יהוה, sy God is,

6wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat die waarheid vir ewig behou;

7wat aan die onderdruktes regverdige oordeel verskaf, wat kos gee aan die hongeres. יהוה bevry die gevangenes.

8יהוה maak die oë van die blindes oop; יהוה lig hulle op wat neergebuig is. יהוה het die regverdiges lief.

9יהוה versorg die armes; Hy voed die vaderloses en weduwees, maar die pad van die bose keer Hy om.

10יהוה sal vir ewig heers, jou God, o Tziyon, tot in alle geslagte! Loof Yah helder en duidelik!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 145
Top of Page
Top of Page