Psalms 139
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, U het my deursoek en U ken my.

2U ken my sit en my opstaan; U verstaan my gedagtes van bo af.

3U ken my lewenswyse en my pad en is bekend met al my dade,

4want as daar misleiding op my tong is, let op, o יהוה, U ken dit volledig.

5U ken my van begin tot einde, want U het my gevorm en U hand op my gelê.

6Sulke kennis is te wonderlik vir my, dit is hoog, ek kan nie daar bykom nie.

7Waar sou ek heengaan van U Gees af, of waarheen sal ek vlug van U Teenwoordigheid af?

8Klim ek op, die hemel in, U is daar; gaan ek af na Sh’ol, let op, U is ook daar!

9As ek my vlerke oplig soos die van ’n arend en bly in die verste dele van die see,

10selfs ook daar sal U hand my lei en U regterhand my vashou

11wanneer ek sê: “Die duisternis sal sekerlik soos lig oor my wees; selfs die nag sal lig wees voor my gesig.”

12Duisternis sal nie vir U donker wees nie, maar die nag skyn soos die dag; duisternis en lig is dieselfde vir U,

13want U het my binneste gevorm, U het my aanvaar vanaf my moeder se baarmoeder.

14Ek sal U loof met uitgestrekte hande, as gevolg van die wonders wat U gedoen het; wonderbaar is U werke en my lewe weet dit alte goed.

15My wese, toe ek in die geheim gemaak is, lieflik geweef in die baarmoeder van die aarde, is nie vir U verborge nie.

16U oë het my wese gesien, tog nog onvolmaak en al hierdie dinge in U boek geskryf, selfs voordat die dag bestaan het en die mens tot bestaan gebring is.

17Hoe kosbaar is U gedagtes vir my, o God! Hoe geweldig is die som daarvan!

18As ek die beste van hulle sou tel, is hulle meer in getal as die korrels sand; wanneer ek wakker word, is ek steeds by U.

19Sekerlik sal U, o God, die bose neerslaan. Gaan dus weg van my, julle manne van bloedvergieting,

20want hulle praat boos teen U en U vyande staan op in boosheid!

21Ek haat hulle wat U haat, o יהוה en verafsku hulle wat teen U opstaan.

22Ek haat hulle met ’n volmaakte haat; ek sien hulle as my vyande!

23Deursoek my, o God en ken my verstand, wil en emosie; toets my en ken my lewenswyses

24en kyk of daar enige bose manier in my is en lei my op die ewige pad!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 138
Top of Page
Top of Page