Psalms 138
Afrikaans PWL
1’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Ek sal U met uitgestrekte hande loof met my hele verstand, wil en emosie; ek sal voor die konings sing en musiek maak tot U.

2Ek sal op my gesig neerval in U afgesonderde tempel en U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande loof vir U liefdevolle goedheid en vir U waarheid, want U het U volle boodskap bo U Naam (Karakter en Outoriteit) opgelig.

3Op die dag dat ek uitgeroep het na U, het U my geantwoord en die krag van my lewe verhoog.

4Al die konings van die aarde sal U loof met uitgestrekte hande, o יהוה, want hulle het die woorde van U mond gehoor en daarna geluister;

5ja, hulle sal die lewenswyses van יהוה besing, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה is groot.

6Alhoewel יהוה verhewe is, sien Hy nogtans die wat laag neergebuig is, maar die trotse ken Hy van ver.

7Alhoewel ek te midde van moeilikheid loop, sal U my red; U sal U hand uitsteek teen die woede van my vyande en U regterhand sal my verlos.

8O יהוה, voltooi dit vir my! U goedheid, o יהוה, duur vir ewig; moenie die werke van U eie hande laat staan nie!

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 137
Top of Page
Top of Page