Psalms 130
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Vanuit die dieptes het ek U aangeroep, o יהוה en U het my stem gehoor.

2יהוה, laat U ore aandag gee aan die stem van my smekinge.

3As U, o Yah, permissiwiteit sou opskryf, o יהוה, wie sal staande bly?

4Omdat vergifnis van U af kom, kan U respekvol gevrees word.

5Ek vertrou in יהוה; my lewe wag vir Sy Boodskap.

6Ek het gewag op יהוה vanaf die oggendwag tot die aandwag toe.

7Laat Yisra’el met versekerde verwagting wag op יהוה; vanaf יהוה kom goedheid en oorvloedige bevryding.

8Hy sal Yisra’el loskoop uit al sy boosheid.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 129
Top of Page
Top of Page