Psalms 129
Afrikaans PWL
1’n Lied vir die opgaan na die feeste. Hulle het my onderdruk van my jeug af; laat Yisra’el dit sê:

2“Baie keer het hulle my onderdruk van my jeug af, tog het hulle nie staande gebly teen my nie.

3Hulle het op my rug geploeg, hulle vore lank gemaak.

4יהוה is regverdig, Hy sal die bande van die bose afkap.

5Laat hulle wat Tziyon haat, beskaamd staan en terugdraai.

6Laat hulle wees soos gras op die dakke wat uittrek en verdroog as die wind dit tref,

7waarmee die maaier nie sy hand vul nie en die gerwebinder nie sy arm nie.”

8Ook sê die wat verbygaan nie: “Die seën van יהוה oor julle! Ons seën julle in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה,” nie.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 128
Top of Page
Top of Page