Psalms 13
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2Hoe lank, o יהוה, sal U my vir altyd vergeet? Hoe lank sal U vir my U gesig verberg?

3Vir hoe lank sal ek die hele dag lank smart in myself en ellende in my verstand, wil en emosie hê? Hoe lank sal my vyand oor my opgelig word?

4Beskou dit en antwoord my, יהוה, my God! Verlig my oë sodat ek nie in die dood verval

5sodat my vyande nie kan sê: “Ek het hom oorwin” nie en my teëstanders nie juig as ek geskud word nie.

6Ek het egter vertrou op U liefdevolle goedheid; my verstand, wil en emosie sal juig oor U verlossing. Ek wil sing tot יהוה omdat Hy aan my goed gedoen het.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 12
Top of Page
Top of Page