Psalms 12
Afrikaans PWL
1Vir die musiekleier; op die agt-snaar lier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2Red, o יהוה, want die Godvresendes is nie meer nie, want vertroue verdwyn onder die seuns van die mens.

3Hulle praat valsheid met mekaar; met vleiende lippe en dubbelhartigheid praat hulle.

4Mag יהוה al die vleiende lippe vernietig en die tong wat grootpraat,

5wat gesê het: “Met ons tong sal ons voortbestaan; ons lippe is ons eie! Wie is meester oor ons?”

6“As gevolg van die vernietiging van die geteisterdes, as gevolg van die gekerm van die behoeftiges sal Ek nou opstaan,” sê יהוה; “Ek sal hom in die veiligheid plaas waarna hy verlang.”

7Die woorde van יהוה is gesuiwerde woorde, soos silwer wat gelouter is in ’n smeltkroes op die aarde, sewe maal gesuiwer.

8U, o יהוה, sal hulle bewaar; U sal hom bewaar van hierdie geslag vir ewig. 9 Die wetsoortreder loop oral rond met trots wanneer vuilheid hoog geag word by die seuns van die mens.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Psalm 11
Top of Page
Top of Page