Spreuke 29
Afrikaans PWL
1Hy wat teregwysing weier en sy nek verhard, sal skielik vernietig word sonder herstel.

2As die regverdiges baie is, vermeerder die volk, maar wanneer die bose in outoriteit is, kerm die volk.

3Hy wat wysheid liefhet, verbly sy vader, maar hy wat met hoere omgaan, verloor sy besittings.

4Die koning verryk die land deur regverdige oordeel, maar ’n man wat die wet verbreek, verwoes dit.

5’n Man wat sy naaste vlei, sprei ’n net uit voor sy voete.

6’n Bose man sal verstrik word in sy boosheid, maar die regverdige sal sing en bly wees.

7Die regverdige man let op na die saak van die armes, maar die bose het geen begrip om daarna te kyk nie.

8Manne wat spot, steek stede aan die brand, maar wyse manne draai die toorn weg.

9’n Wyse man staan ’n dwaas teë en wanneer hy kwaad is, lag hy en skel nie.

10Bloeddorstige manne haat die onskuldiges, maar die opregtes het liefdevolle omgee vir hulle.

11’n Dwaas uiter al sy woede, maar ’n wyse gebruik sy verstand.

12As ’n heerser luister na leuens, is al sy dienaars boos.

13Die arm man en die een wat onderdruk ontmoet en יהוה verlig altwee se oë.

14’n Koning wat die mense getrou oordeel, sy troon sal vir ewig bevestig wees.

15Die lat en die teregwysing gee wysheid, maar ’n seun wat dissipline kort-kom, bring skande oor sy moeder.

16Wanneer die bose vermenigvuldig, vermeerder die oortreding, maar die regverdiges sal toekyk as hulle val.

17Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee, ja, vreugde vir jou lewe.

18Wanneer die bose vermenigvuldig, is die volk vernietig, maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.

19’n Slaaf word nie gedissiplineer met woorde nie, want dan weet hy dat hy nie geslaan sal word nie.

20Wanneer jy ’n man sien wat haastig is in sy woorde, weet dat ’n dwaas beter is as hy.

21Hy wat van jongs af aan plesier oorgegee is, sal ’n dienskneg wees en aan die einde kerm.

22’n Woedende man wek twis op en ’n toornige man is oorvloedig aan oortredinge.

23Die trotsheid van ’n mens sal hom verneder, maar sy nederigheid sal byvoeg by sy eer.

24Hy wat ’n dief se metgesel is, haat sy eie lewe; hulle plaas hom onder eed, maar hy erken niks nie.

25Die vrees van ’n mens word sy struikelblok, maar hy wat sy vertroue in יהוה plaas, sal sterk word.

26Baie soek die heerser se guns, maar die mens se oordeel kom vanaf יהוה.

27’n Bose man is vir die regverdiges verwerplik en die regte lewenswyse is verwerplik vir die bose.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 28
Top of Page
Top of Page