Spreuke 19
Afrikaans PWL
1Die arm man wat in sy integriteit leef is beter as ’n ryk man wat in boosheid leef.

2Hy wat nie kennis van sy eie lewe het nie, dit is nie goed vir hom nie en hy wat haastig is met sy voete, sondig.

3Die dwaasheid van ’n man bederf sy lewe, hy word in sy binneste kwaad vir יהוה.

4Rykdom maak baie vriende, maar die arm man word deur sy vriende in die steek gelaat.

5’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie en hy wat leuens praat, sal nie vrykom nie.

6Baie dien in die teenwoordigheid van ’n prins, hy gee selfs geskenke vir die wat boos is.

7Al die broers van die arme haat hom; ook sy vriende gaan ver van hom af weg! Hy wat moeilikheid maak met sy woorde is oneg!

8Hy wat wysheid verkry, het sy eie lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

9’n Valse getuie bly nie ongestraf nie en hy wat leuens praat, word vernietig.

10Om in luuksheid te leef, pas nie by ’n dwaas nie; nog minder is dit paslik vir ’n dienskneg om oor prinse te heers!

11Die intelligensie van ’n mens word gewys deur sy geduld, sy eer en lof wanneer sy oortredinge verwyder word.

12Die koning se woede is soos die gebrul van ’n leeu, maar sy guns is soos dou op die plante.

13’n Dwase seun is ’n oneer vir sy vader en die stryery van ’n vrou is soos ’n aanhoudende gedrup.

14Huis en rykdom is die erfenis vanaf die vaders, maar ’n vrou word aan die man gegee vanaf יהוה.

15Luiheid laat jou in ’n diep slaap val en ’n trotse man sal honger ly.

16Hy wat die opdragte uitvoer, bewaar sy eie lewe, maar hy wat die regte lewenswyse verwerp, sal sterf.

17Hy wat omgee vir die armes, is ’n metgesel van יהוה en hy sal beloon word volgens sy dade.

18Tugtig jou seun terwyl daar hoop is en laat jou lewe nie sy oneer deel nie.

19’n Man van groot woede sal skade ly; hoe meer vyandig hy is hoe meer vergroot hy sy las.

20Luister na raad en neem dissipline aan sodat jy wys kan wees in jou lewenswyse.

21Daar is baie planne in ’n man se verstand, nogtans sal die raad van יהוה vasstaan.

22Die begeerte van ’n mens is om goed te doen en ’n arm man is beter as ’n ryk man wat lieg.

23Respekvolle vrees vir יהוה lei tot lewe en hy wat daarmee tevrede is, sal voortbestaan, hy sal nie besoek word deur boosheid nie.

24Die luiaard steek sy hande weg binne sy kleed en sal nie eens weer probeer om hulle na sy mond te bring nie.

25Wanneer ’n bose persoon geslaan word, neem die wyse kennis en wanneer ’n wyse tereg gewys word, sal hy insig verkry.

26Hy wat sy vader plunder en sy moeder teleurstel, is ’n seun wat skande veroorsaak en bespotting bring.

27Wag, my seun en gee ag op dissipline en moenie die woorde van kennis vergeet nie.

28’n Deugniet wat getuig, spot met die reg; die mond van die bose verslind hom.

29Oordeel word voorberei vir hulle wat spot met die regverdige oordeel en slae vir dwase mense.

Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaanse (Die Pad van Waarheid tot die Lewe Afrikaans Translation of the Bible). Courtesy of www.padwlewe.ch. Used by Permission.

Bible Hub
Proverbs 18
Top of Page
Top of Page